Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Baie lekker as jy stilte en rus nodig het! Waarskynlik nie die ideale plek vir tieners wat aksie soek nie."
"Agulhas en die nabye Struisbaai is wonderlike plekke. Daar is vele restaurante om by te eet, winkels en snuffelmarkte in die besige tydperk om jou mee besig te hou. Daar is staproetes en vele natuurplekke om te gaan bekyk. Baie lekker area wat ek gerus weer sal besoek."
"Sal beslis weer hiernatoe kom as ek 'n kans kry. Daar is nog so baie wat ek wil sien en doen!"
"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "
"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."
"Ons het persoonlik nie van Hermanus gehou nie, was net te besig oor die algemeen. Restuarante was vol en so ook die strande. Groot irritasie was die hoeveelheid honde op die strand? Ons het ook honde, maar is nie gemaklik met honde op die strand nie! Ons het Hermanus besoek ondat ons miskien 'n eiendom daar wou koop, maar het nou daarteen besluit."
"Hermanus is 'n asemrowende plek. Baie mooi, baie skoon en baie veilig. Sal enige tyd weer daarheen gaan."
"Lovely place. Very friendly people. Go out of their way to help. We are definitely going to go back there."
"Wat dit wonderlike maak is dat daar baie min veiligheidsheinings en drade is en die gastehuis se eienaar het ons verseker het dat dit nog baie veilig is in Swellendam."
"Agulhas is so 'n ongelooflike plekkie dat ons dit oorweeg om 'n stukkie grond daar te koop..."
"The town itself is small and rather dusty with all the roadworks just having been completed. It has a lot to offer but not very well utilised or marketed properly. I feel it has much to offer but not making the most of the potential Bonnievale has. Surrounding area is beautiful and lush."
"The samoosas are the best and the fish shops serve fresh fish. Parrie, we loved swimming with you and your friends. There are praying people who are very busy in this town."
"Sweet, little town by the sea, walks and runs along the board walk to the southern tip of Africa are a must before having a swim in one of the tidal pools. A climb to the top of the lighthouse also offers wonderful views, although if any one suffers from vertigo it is definitely not a good idea."
"Onrus / Hermanus is lekker! Die weer is aangenaam (Desember) en daar is ietsie vir almal!"