Geverifieerde Resensie
Pearly Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pearly Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 232 resensies.
"Ons het ons eerste oggend na die see toe gestap en op 'n groep stropers afgekom. Daarna onveilig gevoel en die see vermy."
"Uitstekende vakansie-oord, skoon strande en genoegsame en uitstekende sekuriteit. Voel baie veilig daar en sal beslis weer kom uitspan."
"Dit is 'n baie mooi dorp, ongerepte vlaktes en prag. 'n Plek om te ontspan en weer die batterye te herlaai. Mal oor die stilte en vrede."
"Pearly Beach has been a favorite holiday destination since I was little, I cannot get enough of this place!"
"Pearly is 'n plek om heen te gaan indien jy 'n naweek of langer wil wegbreek. Ons het ongelukkig bosbrande en krag af kondisies getref maar dit kon niemand voorsien nie. Die strande is uitmuntend, alhoewel dit kan skoongemaak word, daar is baie seewier op die strand. Blykbaar is die visvang fantasties. Meer eetplekke kan ook oorweeg word. Die naaste goeie eetplekke is op Gansbaai."
"'n Plek waar 'n mens kan afsaal, weg van die gejaagde lewe. Die mense daar is ook baie vriendelik en behulpsaam."
"Die omgewing en strand is van die mooistes wat SA bied waar jy baie veilig voel en die mense is baie vriendelik!"
"Oulike en stil dorp. Vat net genoeg vars goed van jou keuse saam sodat daar nie elke dag Gansbaai hoef gery te word nie. "
"Wonderlike strande, baie skoon, vriendelike mense. Lekker sentraal vir al die baie lekker dinge om te doen en mooi plekke om te sien."
"Die kafee is toerus met alle nood goedjies wat moontlik vergeet kan word sodat jy nie al die pad terug ry Gansbaai toe met taamlik baie kuier plekkies."
"Pearly Beach het 'n baie mooi strandgebied met lekker lang sand strande, ideaal om net op die strand te sit en ontspan of of lang ente te gaan stap. Die natuurskoon is asemrowend . Die karavaanpark het 'n baie interessante winkeltjie met vreeslik interessante goed daarbinne."
"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."