Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Escarpment

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1579 resensies.

Dullstroom, Platorand

Old Transvaal Inn

"Ons geniet dit altyd baie om Dullstroom te besoek."

Lydenburg, Platorand

Adelpragt Guest House

"'n Dorp van uiterstes en onverwagse hoekies van prag en gemak."

Dullstroom, Platorand

The Beagle’s Nest

"In Dullstroom vind jy jouself. Die rustigheid en die mense wat daar bly laat jou altyd welkom voel. Sal definitief weer teruggaan, sonder om twee keer te dink. Dullstroom is definitief 'n vakansie-, sielvinding-bestemming."

Waterval Boven, Platorand

Luilekker Guest House

"Redelik sentraal, ons het die Krugerwildtuin, Hazyview Zipline en Dullstroom se Dunkeld country and equestrian estate en Nelspruit besoek."

Dullstroom, Platorand

The Highland Cottage @ Critchley

"Dimitrov Art is pragtig! Wat van 'n bietjie meer kunsgalerye. Meer as genoeg restaurante om van te kies. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. "

Dullstroom, Platorand

Treelands Estate

"Jammer dat al die winkels 4uur toemaak. Het nogal gesukkel om uit te vind, op my eie, wat daar te doen is. Nie genoeg inligtingsborde nie. Met die uitry het ek gesien daar is nog plekke wat ek dalk sou wou besoek het. Daar was egter nie duidelike inligtingsborde om my nuuskierigheid te prikkel om te stop nie."

Dullstroom, Platorand

Cinzaco

"Die dorpie het heelwat eet- en kuierplekke en ons het net paar besoek, as jy net wil rustig wees en ontspan, spandeer paar dae daar, dit sal weer jou batterye laai en verfris laat voel. Ons was nogal verbaas om die billike pryse by al die eetplekke te sien, al was ons naby aan Kersfees en gedurende die vakansietyd daar, ons is baie dankbaar daaroor."

Dullstroom, Platorand

Fox Hill Guest House

"Baie lekker restaurante en interessante winkeltjies."

Dullstroom, Platorand

The Gables Dullstroom

"Baie mooi, maar baie klein, sal nie voorstel vir enige iets meer as 'n dag nie."

Lydenburg, Platorand

Villa Afriq

"Lydenburg was messy and rundown. Road infrastructure and potholes need attention. There are sweet restaurants in the area but I was surprised to find them closed during Christmas season."

Dullstroom, Platorand

Cinzaco

"'n Klein dorpie wat almal net moet besoek! "

Platorand

Ithaba Falls Guest Farm

"Baie mooi natuurskoon, maar nie veel om te doen nie."

Dullstroom, Platorand

Muddlers Minnow

"Dullstroom is a very nice place. I'm looking forward to visit again."

Dullstroom, Platorand

Kliphuisjes

"Mayfly 'n moet-daar-eet-restaurant."

Dullstroom, Platorand

Cinzaco

"Vir 'n baie klein plekkie, bied Dullstroom ongelooflik baie aan die besoeker met 'n groot verskeidenheid vir almal om te geniet en te ontspan."

Lydenburg, Platorand

Klitz Gras Chalets

"Dit is 'n mooi ou dorpie gewees. Toegang tot die Long Tom-pas en Sabie, verskeie watervalle ens. Maar die paaie val uitmekaar in die dorp. Die kole/chrome vragmotors op die pas is baie gevaarlik. "

Dullstroom, Platorand

Galashiels

"Dis 'n tipiese klein plattelandse dorpie. Hier is baie eetplekke en die Birds of Prey sanctuary is 'n moet."

Dullstroom, Platorand

Alm-Ü

"Gee aandag aan swaar vragmotors wat gereeld deur die hoofstraat ry. "

Dullstroom, Platorand

Rotsvas

"Not an overnight stop on the way somewhere else. Next time I will stay for a weekend at least."

Dullstroom, Platorand

Olive Bumble

"Wees versigtig om nie vas te val in die hoofstraat-manie nie. Daar's wonderlike restaurante en oulike dinge om te aanskou net af van die hoofstraat af. "

Waterval-Onder, Platorand

Wayside Lodge

"Daar is nie veel vir toeriste nie. Dis die ideale plek vir sommer net wegbreek en natuurlik genoeg ruimte vir byeenkomste. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Mense wat wil besig wees gaan dit nie geniet nie. Dis 'n plek vir ontspanning en net mens wees."

Dullstroom, Platorand

Stay @ 67

"Ek is absoluut mal oor Dullstroom."

Dullstroom, Platorand

Delagoa Dullstroom Cottage

"Ons moes vroeër die jaar ons wegbreek kanselleer omdat Dullstroom nie water gehad het nie en was baie gelukkig om tog nog in die jaar Dullstroom te kon besoek. Dis 'n baie klein dorpie met goeie kunsgalerye vir dié wat van kuns hou. Daar is nie te veel attraksies nie en dis baie spesifiek soos bv. of kuns of hengel. Ons wou wel die Parkrun gaan doen het by Dullstroom se dam. Let wel die pad na die dam is nogal sleg, kort afstand, maar gewone karre kry maar seer. Dullstroom se restaurante is nogal lekker. So 'n kuier in Dullstroom is beslis 'n eet en kuier naweek. Mayfly het baie lekker burgers en pizzas en is glad nie sleg geprys nie. Dit was eintlik meer billik as die gemiddelde restaurante in Pretoria. Ons het ook by Pickles and Things gaan eet, maar hier is die pryse so bietjie hoër. Die lamspastei was besonders, maar mens betaal wel so bietjie meer om hier te eet. Die restaurant het wel nogal 'n lekker gevoel in die aande. Die dorpie raak maar verlate en stil in die aande en is wel lekker bedrywig deur die dag. "

Dullstroom, Platorand

Olive Bumble

"Dullstroom is a very interesting little town. You definitely realise right away that you aren't in the big city anymore. People are very friendly, there is a wide variety of little shops to browse, plenty of restaurants, and loads of outdoor activities like visiting the Birds of Prey Rehabilitation Center or going for a hike. "

Dullstroom, Platorand

Windsong

"Dink vir 'n vakansiedorpie kan die restaurant en winkels maar werklikwaar later as 16:00 oop bly op 'n Sondagmiddag."

Dullstroom, Platorand

Big Oak Cottages

"Ons het ons een jaar verhouding in Dullstroom gevier, sommer so met die rugby finaal, SA teen Eng. Ons het so lekker saam met die locals gekuier. Dullstroom is vir seker een van ons nasionale diamante volgens my. Die mense is aangenaam, en die kos ongelooflik. Indien jy wonder oor 'n plekkie om tyd saam met jou familie en geliefdes te spandeer kan jy gerus wees dat Dullstroom jou verwagtinge sal oortref."

Blad
Blad 27 - Wys 781 tot 810
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang