Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1579 resensies.
"Die dorpie is ook net so groot en 90% van besienswaardighede is maar in die hoofstraat wat deur die drop gaan. As jy iemand is wat heeldag kan visvang of kuns waardeer sal die plekkie jou dalk langer besig hou, maar 1 naweek is meer as genoeg om die dorp te verken en meeste plekkies te besoek. Hengelaars sal dalk langer wil bly, volgens my is dit maar die hoof trekpleister van die area."
"We lived there over a decade ago. Sadly it has declined since then but there are nice places to visit in the area."
"Dullstroom bied 'n lekker bestemming vir 'n naweek met baie te doen en te sien."
"Pragtige dorp met so baie winkeltjies en restaurante, en die mense! O, watter opregte, vriendelike mense! "
"Die Spar is wonderlik en by meeste van die plekke waar ons gekom het praat almal nog Afrikaans. Was nogal verfrissend. Daar is klein juwele in die dorpie en dis skoon. Almal is vriendelik. Paaie het net baie regmaak nodig, veral in die Hoofstraat."
"Absoluut verlief op Dullstroom. Dorp het 'n lekker vibe met baie interessante winkels en eetplekke."
"Hulle kan gerus mooi, veilige voetpaadjies langs die hoofpad plaas. Daar is soveel verkeer en 'n mens sukkel om 'n babakarretjie rond te stoot. Kinderspeelplekke kan beter versorg word en veiliger gemaak word."
"Dullstroom is unique, love that it is not too commercialised, restaurants are also unique which is wonderful, don't enjoy all the franchises. Love Dullstroom."
"Die dorpie se mense is baie vriendelik. Sal net graag wil sien dat hulle meer aandag skenk aan hulle museum. Dorp is mooi skoon. Slaggate buite dorp is net 'n nagmerrie."
"Ek was regtig bly ek kon Dullstroom besoek! Is heerlik en ons het die natuur baie geniet. Sal beslis die plek weer wil besoek!"
"Dullstroom kan maar weer die dorp van die jaar toekenning wen!"