Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.
"Jammerte dat die studente deurnag lawaai met harde musiek en karre wat jaag. Duidelik is daar geen beheer van die studentebehuising se verhuringsagente of van die polisie of sekuriteitsdienste nie."
"Oulike dorp met verskeidenheid koffie winkels en ander buitengewone winkeljies. Vriendelike mense en daar is 'n "Hennie's" by die Mooi Rivier Mall wat baie lekker kos bedien."
"Baie jongmens lewe om jou met die universiteit en sportfunksies, vriendelike mense."
"Oorslaap in Potchefstroom was na wense, maar dis nie 'n vakansie omgewing nie."
"Oulike mense, maar die omliggende dele is maar vervalle en vuil en die paaie is sleg."
"Potchefstroom is 'n absolute juweel van 'n dorp. Met die pragtige mall en studentelewe op die Bult maak dit Potch so 'n unieke plek om te besoek. "
"Ek love Potchefstroom. Die mense in Potchefstroom is awesome. Vriendelik, behulpsaam en Afrikaans."
"Dalk bietjie duur. Besighede maak misbruik van die feit dat dit 'n studentedorp is en buit mense uit wat by hul kinders wil gaan kuier. "
"Potchefstroom en omgewing het baie om te bied soos restaurante, ontspanningsplekke en goeie weer, ook teen billike pryse."