Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."
"Baie mooi area! Kon heerlik deur die strate stap onder die groot jakarandas deur en die wonderlike geur wat dit afgee inneem!"
"Ek het gedink om juis vir slag weg van Tukkies af in 'n rustiger omgewing te bly, en na baie gesoek op Lilyrose besluit."
"Muckleneuk is baie rustig, stil en mooi. Daar is beslis moontlikheid vir uitbreiding vir die gasvryheidsbedryf."
"Uitstekend, netjiese, stil omgewing. Sentraal naby alles, veilig, sal dit definitief aanbeveel en weer besoek. "
"My grootouers was van Colbyn af, ek is lief vir die gebied. Dit is ook gerieflik naby aan UP - ons het 'n konferensie daar gehad."
"Waterkloof is 'n redelike rustige voorstad en baie sentraal geleë ten opsigte van baie plekke in Pretoria."
"Ek dink dit word baie onderskat. Hier is baie lekker plekke onder ons neuse so Pretoria se mense hoef nie ver te reis vir n wegbreek nie."
"Hierdie gastehuis is uitstekend geleë vir mense wat moet oornag vir hospitaal-doeleindes."