Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 702 resensies.
"If beautiful countryside, waterfalls, clear streams and rivers, hiking and magnificent scenery is your desire then this is the place for you. You can drive to various places and pay small entry/parking fee entry or hike and see stuff for free. And if you are into fly fishing then a day on Sabie River is sure to score a trout or two. Visit Andrew at the local Blue Sky fishing tackle shop and by a day fishing licence or even a rod & reel with a few flies to go."
"Ek is mal oor Sabie - kry net doodeenvoudig nie genoeg daarvan nie. Dit is beslis deel van ons vakansiebestemmings nou al vir die afgelope drie jaar en ons het reeds besluit om nog ten minste twee kuiertjies in te kry in volgende jaar. Daar is so baie om te doen en te sien dat mens net nie alles in een week ingepas kry nie. Die watervalle en die Mac Mac poele is 'n moet vir alle gesinne - mens sukkel om die kinders uit die water te hou. Die natuurskoon is asemrowend en vir die beste fotos moet jy net eevoudig die passe gaan uitry."
"Beurtkrag moet vooraf gewaarsku word. Sal 'n tyd aanwysing van wanneer krag aan en af gaan wees, behulpsaam vind."
"Sabie en omliggende dele is netjies skoon. Dit is regtig 'n aangename plek om te bly en sentraal geleë om ander plekke te besoek."
"It's a very beautiful small town with not much activities though."
"Baie mooi toeriste dorpie, nie te ver van die Kruger Nasionale Park nie. Daar is baie besienswaardighede in die omgewing."
"We have been visiting Sabie and the surrounding areas on and off over many years, and still enjoy the natural beauty of the environment ( forests, mountains and waterfalls etc.) Unfortunately, we have seen a steady decline in the state of the towns (and facilities such as Pilgrims Rest) in the area, especially in the town of Sabie, which has become really run down and has seen many tourist establishments shut their doors. We believe that this past visit may be our last for the foreseeable future, unfortunately."
"Pragtige omgewing. 'n Paradys met die motorfiets. Ons geniet die paaie en natuurskoon geweldig."
"Ek kan nie dink Sabie was die dorp van die jaar 2012. Tot nou toe het die dorp baie agteruit gegaan."
"Kuier gereeld by, in en om Sabie, sedert 1995. Bly nog steeds 'n wonderlike vakansie bestemming, veral vir ons wat motorfiets ry, stap en bosse besoek."
"Sabie is klein, gesellig en sentraal geleë vir baie besienswaardighede en binne kort ry afstande na naburige dorpe en ander natuur areas. Die reuk van dennehout en die natuur is besonders. Teleurstellend is dat oorde soos Merry Pebbles nie motorfietse toelaat nie, ons toer en ry met 'n toerfiets. Hierdie area is bekend as 'n toeriste bestemming vir toerfietse en weens wangedrag van ander en reels wat nie toegepas is nie moet almal daaronder ly. Dit bly 'n mooi dorpie en ons sal weer daar tuisgaan."
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."