Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 702 resensies.
"Sabie sal iets moet doen aan die slaggate in die sekondêre paaie. Sabie moet tog nie dieselfde pad stap as wat in Pelgrimsrus gebeur nie. Toeriste wil graag Sabie besoek!"
"As ek kon sou ek Sabie toe trek enige tyd. Die mense is vriendelik, baie behulpsaam en 'n pragtige omgewing. "
"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."
"Sabie Info was baie behulpsaam en het ons ingelig oor al die plekke met 'n padkaart."
"Nog altyd ons spesiale dorpie. Jy is naby watervalle, piekniekplekke, eetplekke soos die Trein en die Wild Fig resturante het uitstekende kos bedien."
"Daar is baie om te sien, pragtige natuurtonele, wandelroetes en watervalle en binne bereik van Graskop asook Nelspruit, sodat dit as sentrale verblyfplek kan dien om die roete te geniet."
"Dorpie self is maar vervalle maar die besienswaardighede is die moeite werd."