Geverifieerde Resensie
Sedgefield
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sedgefield bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 630 resensies.
"Definitief vir die rustiger vakansieganger wat van die natuur hou. Min vir toeriste en jongmense om te doen."
"Myoli Strand se sand is die sagste sand, die strand is meestal heerlik plat, so ek sou dink dis ideaal vir kleintjies om op te speel, tot nou toe is dit ook wonderlik veilig vir enige ouderdom om te stap, al is die strand leeg, voel 'n mens veilig daar. Die see self is 'n bietjie gevaarlik om in te swem, ek sou voorstel dat 'n mens vra advies van die plaaslike mense of en waar 'n mens kan swem, maar om deur die vlak golwe te stap is heerlik."
"As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou."
"Sedgefield self het nie 'n tipiese vakansie gevoel nie. Dit is 'n "slow town" wat nie gekenmerk word deur baie toeriste nie. Wil jy rus en ontspan is dit die ideale plek. Dit is ongeveer 200 km noord na Stormsriviermond en die hangbrug en 150 km suid na Mosselbaai. George en Oudtshoorn (Kangogrotte) is ook binne bereik. "
"Sal enige vakansieganger aanbeveel om Myoli Strand te besoek. Sal die dorp weer besoek."
"As jy nog nooit daar was nie, pak die kinders en die honde in en gaan loer! Dis verskriklik mooi. Moenie die Sedgefield mark misloop nie!"
"I would have liked to spend more time in Sedgefield as there seems to be a lot more to do than there appeared to be in the past. It would be nice to explore it more."
"Sedgefield is 'n stunning plek. Warm, mooi natuur, wonderlik. Uitstekende mark, vriendelike mense, beeldskone ligging. Definitief 'n plek om te kuier."
"Myoli-strand het 'n atmosfeer van ongereptheid en sal byval vind by veral natuurliefhebbers. "
"Sedgefield is a nice town. If one has wheels one can go out of the town. There is only so much to do in Sedgefield. Bring a canoe and bike. Nice beaches to walk along."
"Sedgefield is 'n wonderlike toeristebestemming wat alles in die nabye omgewing bied. Wonderlike skoon en rustige dorp."
"Sedgefield se ligging is ideaal - veral vir diegene wat wil ontsnap van stadsgewoel. Knysna en Plettenbergbaai is naby genoeg vir heerlike daguitstappie sowel as George en Mosselbaai. Daar is heelwat om te doen ook vir die avontuurlustiges. Strande is skoon en nie miernes van bedrywighede nie. "
"Baie mooi omgewing en 'n baie skoon dorp, met vriendelike mense so ver as wat ons gegaan het."
"Baie goeie ligging. Nie ver van ander groter dorpe soos George en Knysna af nie."