Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4893 resensies.
"Die Suidkus is nie meer wat dit was nie, as gevolg van die vuil water en munisipale gebrek."
"Goeie dinge: Margate is 'n pragtige plek, uitstekend vir 'n seevakansie. Die dorp is groot genoeg dat jy alles kan kry wat jy nodig het, maar tog voel dit soos vakansie. Die swemstrande was redelik skoon met lifeguards en fasiliteite. Ek het veilig gevoel, alhoewel mens maar altyd versigtig moet wees. Minder goeie dinge: Daar is tekens van verval, en plek-plek is die dorp vuil. Die skade veroorsaak deur vloede van 'n jaar terug is steeds sigbaar, met skade aan die infrastruktuur nog nie ten volle herstel nie."
"Margate het baie agteruit gegaan. Strande was baie vuil en die paaie baie baie sleg."
"Die probleme rondom die kraanwater en besoedelde seewater het veroorsaak dat 5 van die 6 van ons maagprobleme gehad het, al het ons net bottelwater gebruik."
"Margate is one of my favourite holiday destinations, was there 3 years ago and I felt like a little girl in a candy store when I came back in December. There's so much to do and I will definitely be coming back soon."
"I like the night life. What I truly enjoyed, the policing, I felt safe with my family. They were visible and very friendly. They even let the kids take photos with the horses."
"Seewater was baie bruin en vol sand weens die inloop van die riviere, maar dit was nog swembaar."
"Margate has always been an exceptional holiday destination for as long as I can remember. A lot has changed but would not want it any other way."
"Alhoewel die verblyf en eienaars uitstekende dien gelewer het, kan ek nie dieselfde sê oor Hibberdene nie. Die winkelstaf is ongeskik en nie behulpsaam nie. Swemstrand is vuil en die lifeguards het gewag tot meeste vakansiegangers op die strand was en toe besluit om op te pak en te "strike"! Die winkels is buitensporig duur. Daar was ook 'n probleem met water, daar was geen water vir amper 4 dae nie. Daar is nie ordentlike restaurante of vermaak nie, jy moet uitry na ander dorpe. Hibberdene is definitief nie gefokus op kliëntediens en toerisme nie!"
"Margate oor die algemeen het agteruit gegaan en lyk vewaarloos soos so baie van ons ander strandbestemmings."
"Warners Beach se badkamers was heeltyd toe en het heeltyd soos sewerage geruik. Maar verder was alles maar rustig."
"Lieflike dorpie. Nie seker of drinkwater veilig is nie. Ook jammer oor riool by strand se parkeerarea."
"Margate het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was. My man het groot geword in Margate en dit was vir hom hartseer om te sien hoe die strate lyk."
"Ons was elke dag uit en het dit geniet om verskillende plekke te verken. My seun woon in Uvongo en het elke dag kom kuier. Dit was die doel om vir hom te sien. Hulle wou ekstra koste vra vir hom maar hy het net gekuier en elke aand huis toe gegaan."
"Margate is 'n goeie plek vir vakansiegangers. Mense wat by die see wil kom en die natuur en ons groot skepping wil aanskou."
"Margate has old buildings as holiday homes that needs renovations and good maintenance. Otherwise, it is a nice holiday place."