Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2313 resensies.
"Absolutely gorgeous beaches with few rocks. We watched dolphins playing in the waves. "
"Ramsgate is 'n rusplek, moenie daarheen gaan as jy vermaak wil word deur malls en luukse resturuante nie, perfek vir wegbreek van alledaagse lewe."
"Perfek vir die stiller maande, ek dink in seisoentyd kan die nouer strate dalk 'n probleem wees."
"Lekker stil, maar naby genoeg aan groter plekke as mens behoefte het daaraan. Die strand is skoon."
"Elysium is stil en rustig en die regte plek om weg te breek van al die vakansie lawaai. "
"Baie rustig met groot verskeidenheid eetplekke nie, beveel beslis "Fish on the river" aan."
"Baie rustige area met alles en nog meer wat jy nodig het. Sentraal geleë vir alle besienswaardighede."
"Ons gaan elke jaar na Margate/Ramsgate en geniet dit terdeë om bietjie te rus, dit is veilig en ontspannend met genoeg om te doen en te besoek."
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "
"Rustige, lekker strand. Stil area. The Rock is 'n lekker plek om tyd te spandeer met vriende en familie. "