Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Indien jy nog nie daar was nie en van 'n mooi rustige plek by die see hou... moet jy definitief gaan!"
"George is so sentraal en kan maklik gesien word as 'n wegspringplek na verskeie ander wonderlike dorpe in die omgewing."
"Baie gematigde klimaat, oulike kusdorpie, beskik oor alles wat jy in 'n groot stad sal kan kry. Hoef werklik vir niks terug te staan nie. Mense baie hoflik, bedagsaam en baie baie vriendelik. Sal beslis weer kom kuier in Hartenbos. "
"Ons het die Cango Wildlife Park besoek en dit was werklik 'n wonderlike ervaring vir my en my seun. Die Wesbank MTN Leopard Crawl (waarin my seun deelgeneem het) was 'n goed georganiseerde byeenkoms en ons sal definitief weer daaraan deelneem. "
"Dit is 'n wonderlike plek met baie om in die omgewing te doen. Daar is ook lieflike kampeeroorde en ander verblyf naby die dorp. Vir natuur en sport mense is daar oorvloed om te doen. Ons sal altyd teruggaan Plet toe!"
"Wonderlike dorp ... oorweeg om te kom aftree in die dorp of omgewing in 2028... my hart verloor aan die dorp met sy wonderlike mense en plattelandse mooiheid."
"Lovely area but has a shortage of eating places. The road junction with the N2 can be a major pain."
"Plettenberg is 'n oulike plekkie, net baie klein. Die strand is lekker groot, dis ideaal, dit is was nie so toegepak nie. Daar is genoeg goedjies om te doen en lê nie ver van Knysna af. Plettenbergbaai is lekker vir oorslaap, maar dink dat ek volgende keer Knysna verkies omdat daar meer goed is om te doen. "
"Een prima doel! Zeer vriendelijk aandoende stad, mooie omgeving, fijne mensen."