Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Dit is meer 'n plek vir doendinge. Ons is mal oor die Waterpark."
"Uniondale is klein en eenvoudig, maar jy kan die nodige goedjies kry wat jy soek. Definitief nie baie winkels nie, maar die mense is vriendelik en so behulpsaam dat jy nie omgee vir ander alternatiewe nie."
"Dit was heerlik stil met 'n heerlike vakansie-atmosfeer. Nie die oorvol strande, bv. Hartenbos nie."
"Witsand is 'n lekker vakansiebestemming en nie so vertrapping van mense soos ander populêre vakansiebestemmings in die Wes-Kaap nie. Vir seker die volgende keuse vir vakansie."
"'n Baie vriendelike dorpie. Die mense is regtig behulpsaam en vriendelik. Dis skoon en die strate is goed gehanteer deur die munisipaliteit."
"Santos express is 'n lekker stappie in die middedorp in met baie restaurante en besienswaardighede op die voorstoep. Ons sal weer daar bly as gesin, was puik."
"Mosselbaai is 'n baie skoon dorp met genoeg aktiwiteite om te doen en lekker kos om te eet."
"Baie mooi, skoon dorp, wat baie dienste vir toeriste lewer. Baie om te sien en doen. Het lekker gekuier daar."
"Springerbaai is afgesonder van die "mal"-besige vakansieplekke in die omgewing. Dis eksklusief, rustig en privaat. Jy kan lekker gaan fietsry, draf of stap. Daar is bontebokke, sebras, springbokke en ander kleinwild te sien - ook baie skilpaadjies. Baie privaat strand - jy is meestal alleen daar - soms is daar dalk een ander groep mense. As jy lus is om bietjie tussen baie mense te gaan swem kan jy Vleesbaai toe ry (of stap as jy baie energie het), of na Mosselbaai of Klein Brak se strand toe vir die dag. Dis doodstil en jy rus lekker. Dis 'n eko-estate so alle huise het slegs sonkrag so jy weet nie eers van beurtkrag nie, maar jy moet spaarsamig werk met die elektrisiteit."