Geverifieerde Resensie
Tulbagh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tulbagh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 607 resensies.
"Nice little town, diggers home to eat at was fantastic, so friendly, even had a taste of wine not released yet, food was divine, also they do wine tasting, the cheese cake is a must, the wine maker came to our table and explained a lot about the wine to us."
"Gaan maak gerus 'n draai by Manly Wynplaas. Die nuwe wynmaker daar het soveel passie vir dit wat hy doen, dat dit aansteeklik is. Hulle voer hoofsaaklik uit, so dit was 'n klein bederfie toe hy vir ons 'n toer gegee het. Beslis uitvoergehalte wyn!"
"Baie goed om te doen in Tulbagh teen 'n bekostigbare prys vir Suid-Afrikaners."
"Ek was verbaas om te sien hoe die dorpie agteruit gegaan het vandat ek 'n paar jaar gelede daar was. Daar is nie meer soveel koffiekuierplekkies nie en amper geen volwaardige antieke winkel nie. Gelukkig stel die wynplase nie teleur nie. Paddagang se tradisionele ete was heerlik, Waverley Hills (op pad na Wolseley) se ontbyt was onverbeterlik, asook hulle wynproe. Ons het wonderlike diens by Twee Jonge Gezellen se Krone en Saronsberg gehad en die beste wynproe aanbieding deur Riaan by Oude Compagnies Post! Montpellier se diens was uiters teleurstellend, ons het lank gewag met net 2 persone wat rondgehardloop het om almal te bedien en die aanbieding van die wyn was onpersoonlik en afgejaag. Alles en alles het die natuurskoon dit die moeite werd gemaak!"
"Moet sien, boek ten minste 4 dae om die pragtige plek te beleef, ons het in Julie verlede jaar gegaan en "Christmas in July" beleef, dit was puik, 'n vreeslike mooie dorp."
"Beautiful, quaint little town with so much history. Great place to visit."
"Lots of history. Lots of wine farms and good food. Nature and birds. "
"Een van ons gunsteling dorpies. Besoek ook Adene Blomme plaas buite Wolseley (hulle het Sondae open days)."
"Loved the area! We went cherry picking which was a treat but make sure you take good quality sneakers! Zip lining in Ceres was loads of fun and suitable for kids as well. Paddagang restaurant in Tulbagh is a winner."
"Tulbagh is pragtig en daar is soveel om te sien. Die natuurskoon is werklik besonder, heerlike bergstappies soos na die Watervalle. Ons het die wynplase en etes geniet. 'n Hoogtepunt was ons ete by Duikersdrift waar Shane en Shayne 'n heerlike kaas- en kouevleis-bord bedien. Ons enigste aanbeveling sal wees, dat meer plase en winkels hul deure oor naweke en vakansie dae oophou. "
"Tulbagh is fabulous. Historical buildings, olive tastings, wine, beer and champagne tastings, and a good few restaurants to eat at. Close to Ceres and Riebeeck Kasteel for day trips."
"Seker maar die gewoonte in die dorp. Die supermark maak vroeg toe op 'n Sondag. Oor die algemeen is Tulbagh 'n lekker dorp."
"Die historiese deel is pragtig. Jammer dat die res van die dorp, soos ander plattelandse dorpe terugval."
"Tulbagh is naby die Kaap en bly 'n topbestemming om te besoek met berge, wynplase en die geskiedkundige dorp. Mooi skoon! "
"Sal enige iemand aanbeveel om Tulbagh te besoek. Maak net seker jy het genoeg tyd om by alles uit te kom!"
"Tulbagh is worth a visit. We have been there a few times and discover new things every time. The Tarzan shoe factory is always on our list. It is nice to see that Tulbagh is kept in good shape, inviting visitors from far and wide."
"Baie om te sien. Kon die warmte en vriendelikheid van die mense voel in die plek. Het baie ervaar deur by verskillende plekke in Tulbagh te stop."