Geverifieerde Resensie
Wakkerstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 343 resensies.
"Baie mooi dorpie net baie stil. Baie geskiedkundige tentoonstelling in die dorpie."
"Lieflike area, lekker vir stap en fietsry en voëlkyk. Die sakekern is klein, maar ondersteun gerus die plaaslike winkeltjies, hul produkte is tops. Loer in by Suikerbekkie Bakkery vir die lekkerste pasteie en Dop en Tjop vir wors en vleis."
"Die dorpie is pragtig, maar daar is nie regtig iewers om net gou brood en melk te koop nie. Daar is ook geen apteek of ordentlike slaghuis op die dorp nie. Dit is wel baie stil en rustig en almal is regtig baie vriendelik."
"This is one of South Africa's premier birding locations and has a large population of threatened species. Bird Life South Africa and Bird Life International have recognised it as both a National and Global IBA. There are two hides accessed from a wooden walkway and no entry fee. The town itself looks fascinating - it is an historic spot and many of the buildings reflect this. There are interesting shops, a small hotel and a few eateries; also, I suspect quite a lot of local craft. We did not, unfortunately have time to explore all the possibilities as we were only there for one night; but we shall definitely go back!"
"Ongelukkig is Wakkerstroom 'n naweekdorp, so baie van die winkels is gesluit gedurende die week, maar dit is so 'n rustige plek met 'n unieke atmosfeer en gesellige inwoners, dat 'n mens in elk geval baie lekker kuier. "
"Lieflike bestemming vir voëlkyk, veral watervoëls. Lekker rustige, veilige atmosfeer wat net die platteland kan bied."
"Hierdie is 'n pragtige klein dorpie, met mense wat warm en hartlik is. Die mooiste winkeltjies en natuur reg rondom. Hierdie is regtig 'n ware geskiedenis dorpie met soveel om aan te bied. "
"Lovely little town, perfect getaway if you want to escape the crazy rush of JHB. Need a few more stores/shops but overall lovely."
"Baie klein dorpie met minimum geriewe. Die kaaswinkel is elke dag oop maar meeste van die eetplekke is net sekere dae van die week oop wat dit moeilik maak as mens byvoorbeeld wil gaan koffie drink. Mens sal soontoe gaan as jy wil gaan voëlkyk maar daar is andersins niks om te doen in die dorp of omgewing nie."
"Music Festival well worth it. Wonderful shows and atmosphere in town. Town folk extremely friendly"
"Pragtige dorpie wat ons harte lankal gesteel het, daarom het ons oorgeslaap."