Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Restaurante in Struisbaai maak baie vroeg toe in die aande en dit is tot hulle eie nadeel."
"Muisbosskerm op die strand, is ook 'n aanbeveling. Dis 'n belewenis en uiters rustige en gesellige restaurant op die strand. Die dorp is skoon en ons het deurentyd veilig gevoel."
"Die plek is asemrowend mooi! Rustige atmosfeer waar kinders nog in die strate speel. Inkopiegeriewe is min. Daar is een algemene handelaar waar jy net die mees basiese produkte kan kry. Eetplekke is daar genoeg van. Daar is 'n drankwinkel ook. Dit is 'n arm dorpie (ten spyte van al die nuwe verblyf wat gebou is vir meer welvarende mense) en as sulks is daar heelwat bedelaars."
"Die strand was uitstekend. Sekuriteit was sigbaar en daar was gereeld mense wat die plastiek en rommel opgetel het elke oggend. Dit is heelwat ontwikkel teenoor wat ek dit onthou het as tiener, maar daar is maar net party plekke op aarde wat in jou hart sal bly. Hoop julle geniet dit soos wat ons het. "
"Die Karoo is nog steeds baie gasvry; mens hoop daar is genoeg toerisme om plekke soos hierdie in stand te hou, maar nie soveel dat dit die infrastruktuur oorweldig nie!"
"Golden Mile is die regte plek vir enigeen wat 'n rustige vakansie of wegbreek nodig het."
"Calitzdorp se mense moet almal begin saamwerk. Calitzdorp kort 'n baie goeie skoonmaak en opknap! Spekbome moet oral in die dorp aangeplant word omdat die plante min water nodig het."
"Love the West Coast and the people that live there as they are friendly and warm. "
"Besige area met redelik baie verkeer in die straat. Gemengde besighede in die straat. Nie ideale gastehuis-omgewing."
"Mens moet maar net mooi beplan as dit kom by aandete. Nie baie plekke oop saans nie."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
The Vibe Dorp Street"Shhhhhhh, moenie vir te veel mense vertel nie - dis erg spesiaal."