Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"It depends on the time of year you go to the area. Not much to do as everything closes early."
"Ek dink die feit dat die plek so 'n entjie van Melkbosstrand af is (2km) is regtig goed. Bietjie weg van gewoel en tog Duynefontein se see is 'n klipgooi ver en kan gehoor word vanaf Orange INN."
"Daar is pragtige wandelpaadjies langs die see en ek het 'n kilo of twee afgeskud. Ek het veilig gevoel in Sandbaai. Mense daar is ook baie vriendelik. "
"Still Bay is an awesome destination. Clean neat and safe. Beaches are beautiful and clean. Surf is excellent."
"Knysna is duidelik besig om te herstel na die verwoestende brande verlede jaar. Dis verskriklik om tussen die nuwe groei deur die swart gebrande dele van die woude te sien. Eweneens om die huise te sien wat totaal vernietig is, asook die wat weer in aanbou is. Die Muse, was een van ons hoogtepunte daar, wonderlike kos en atmosfeer. "
"Dit was heerlik om op die strand te gaan sit en te kyk hoe die walvisse laatmiddag baljaar."
"Blouberg is sekerlik ons gunsteling strand in die Kaap. Heerlike eetplekkies al langs die strand met lieflike uitsigte."
"Asemrowende klein dorpie met die vriendelikste mense. Heerlike eetplekke en veilige omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Nooit besef watter mooi omgewing dit is nie en wat die plek alles vir die toeris bied nie. Daar lê die mooiste wyn- en vrugteplase in die omgewing."
"Aangesien ons kinders in Boston woon, is Bellville vir ons die aangewese plek wanneer ons by hulle kuier."
"Die restaurante in die dorp is ongelooflik. Sommige besighede is egter besig om besoekers uit te buit met buitensporige pryse en sodoende skiet hulle hulself in die voet. Ons het bv. by Oep ve Koep 'n emalje maatbekertjie gesien teen R450! Dit het ons dadelik laat omdraai, want ons het genoeg kennis van luukse artikels om te besef dat dit skaamteloos te veel is. Ek het verlede week vir 'n Wedgewood vasie van dieselfde grootte R250 betaal."
"Kom voor as 'n baie stil en netjiese area, naby aan die nodige winkels en restaurante."