Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Baie wind hierdie tyd (September) van die jaar. Andersins behoort dit lekker te wees met 'n groot strand en rivier. Lekker staproetes ook. Kos is 'n bietjie duur en ek sal aanbeveel dat jy jou kruideniersware voor die tyd koop."
"Daar is 'n groot verskeideheid aktiwiteite waaraan mens kan deelneem. Als wat jy nodig het is naby ─ eetplekke, klerewinkels, daar is selfs 'n plek waar branderplanke gehuur kan word."
"Nie baie om te doen nie. Sal meer koffiewinkels en soortgelyke kuierplekkie wou sien. Is 'n mooi dorpie."
"Baie lekker en naby omliggende pragtige plase. Mooi omgewing en die rustigheid is heerlik. "
"Plek vir natuurstappies langs die see, asook in berge en naby natuurreservaat. Baie wynplase om te besoek en lekker eetplekkies by die hawe. Ook naby aan Hermanus. September is Walvisse vollop."
"Lieflike vakansieplek. Sal beslis weer Hartenbos besoek. Altyd lekker."
"Gordonsbaai is 'n lieflikke dorpie, mense is vriendelik daar. As ons Kaap toe gaan maak ons seker ons draai altyd daar!"
"Baie rustige omgewing, historiese geboue, netjies en 'n skoon dorpie."
"Yzerfontein is 'n pragtige Weskusdorpie met 'n wonderlike, lang sandstrand. Daar is baie te sien en doen in die omgewing wat dit 'n baie goeie bestemming maak."
"Ideaal vir natuurliefhebbers en almal wat wil wegbreek van die alledaagse gejaag van die lewe."
"Werklikwaar 'n lieflike plek om te besoek. Die feit dat alles so skoon is, is wonderlik. Geen rommel wat rondlê nie. Die hele omgewing is net pragtig! Baie mooi strand. Alles is rustig en lekker afskakel van die daaglikse gejaag. Naby aan Bredasdorp waar goeie winkels en eetplekke is."
"Ongelooglike skoon plek en laat jou baie veilig voel. Sal vir seker die mooi kusdorpie besoek. Kos vir jou siel."