Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dit is 'n pragtige baai met die berge wat jou omring as jy met jou voete in die heerlike seewater staan wat nie vriesend is soos Bloubergstrand s'n nie. Daar is heerlike eetplekke. Tallas is tops en dan is daar nog altyd meeste jongmense en kinders se gunsteling die Spur en dit nogal op die strand!"
"If I could move there permanently I would. It is one of the most beautiful places in the Cape."
"Pragtige dorp met pragtige omliggende natuur en interessante eetplekkies en winkels."
"Bloubergstrand is baie mooi, en bied verskeie restaurante. Daar is nie soveel aktiwiteite of besienswaardighede in Bloubergstrand nie, maar is na genoeg geleë om plekke soos Tafelberg en Kaappunt te bereik vir daguitstappies. Ek sal maklik weer in Bloubergstrand vakansie hou."
"Die eerste ervaring op Beaufort-Wes by die 4 Sheep Restaurant was nie te goed nie. Kos was lekker, maar, saam met die ervaring by die vulstasie, het ek regtig gedink die mense op Beaufort-Wes was stug - ek het gewonder of dit is omdat ek wit was. My tweede stop daar by dieselfde vulstasie enkele dae later het my siening heeltemal verander deur 'n enkele vriendelike petroljoggie wat my verseker het die mense van die dorp bekend is vir hul vriendelikheid. Hoop hy is reg en ek verkeerd."
"Greyton is a lovely town with lots of little antique shops and restaurants, on a Saturday the market provides an assortment of foods and local fruit and vegetables."
"Knysna is beslis 'n plek om te besoek vir enige wegbreek geleentheid. Daar is baie om te doen en elke plek waar jy gaan het n uitstekende uitsig. 'n Week was glad nie lank genoeg gewees om alles te doen of alles te sien nie maar dit wat ons gesien en gedoen het was beslis 'n belewenis."
"Pragtige rustige dorpie met meer as genoeg besienswaardighede vir 'n naweek."