Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Worcester is seker die skoonste dorp wat ek al ooit besoek het. Mense is besonders vriendelik en gasvry. Ek het my hart daar verloor en sal more trek as ek kan."
"Geen klagtes nie. Ongelukkig was die meeste restaurante toe op Maandae, en was die bootrit nie beskikbaar nie maar met die hulp van die gasheer het ons reggekom en 'n fantastiese tyd gehad."
"Pragtige klein rustige dorpie. Die lighuis was ons die hoogte punt van ons vakansie daar."
"Ongelukkig nou baie droog en natuurlik afgeleë. Nie te veel om te doen, maar baie tyd om te rus."
"Oudtshoorn self is '\n lieflike plek so baie om te doen en die mense is so vriendelik daar."
"Ek het van lughawe af deur Goodwood gery na Nachelle toe. Was geskok oor vuil strate! Skaam my dood vir oorsese gaste wat daardeur moet ry. Dit was regtig aaklig. Orals vuilgoed. In die straat. Op die sypaadjies. Sou 'n ander roete aanbeveel."
"Lekker, lekker, lekker. Wees net bewus Gaaitjie restaurant se kombuis sluit 20:00 op 'n Saterdagaand!"
"Pragtige strandgebied, lekker stap langs strand, pragtige uitsigte, maar bietjie van 'n veiligheidsrisiko, dronk mense voor ingang van die gebou, sekuriteit sit diep in die gebou, sien niks, doen niks."