Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Sentraal en goed geleë. Aan al ons aktiwiteite (swem, gholf, kano en fietsry) voldoen. Sal beslis weer kom."
"For a overnight stopover or stay I would recommend a traveller from Jo'burg to Cape Town."
"Piesangvallei is so naby Robberg 5, Solar Beach en Robberg Beach. Die Kwikspar, apteek en drankwinkel is ook baie goed geleë en 'n mens hoef nie in spitsverkeer dorp toe te ry nie. Die strand is heerlik, lank en stapafstand."
"Wat lekker van Saldanha is, is die feit dat daar soveel oulike dorpe en restaurante naby is."
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Bloubergstrand is 'n fantastiese vakansiebestemming. Uitstekende restaurante en besighede. Bay Side Mall kan werk aan hulle vriendelikheid en kliëntediens."
"Bredasdorp het ons verras. Dit is baie groter as wat ons verwag het. 'n Stop by die John Deere handelaar was 'n hoogtepunt vir my kinders. Ons het na al die nuutste trekkers gaan kyk en hulle monde het oopgehang! Die dorp is baie netjies en die mense baie vriendelik."
"Die pragtige bergreeks het sy eie bekoring en die sterrehemel snags was asemrowend mooi!"
"Plettenbergbaai was 'n nuwe ervaring vir ons in die Desembervakansietyd. Baie besig, veral by die Pick n Pay. Positief om te sien Plettenberg is besig met nuwe ontwikkeling vir 'n Checkers. Baie besienswaardighede rondom die dorp om te kon meemaak."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Verstaan nou waarom dit Kwêla se dorp van die jaar is! Heerlike weer, lang kuslyn en genoeg besienswaardighede."
"'n Plek waar 'n mens kan afsaal, weg van die gejaagde lewe. Die mense daar is ook baie vriendelik en behulpsaam."
"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."
"Mooi strand en die Breederivier is baie mooi, maar die wind het omtrent heeltyd baie erg gewaai. Daar is min om te doen as 'n mens nie visvang nie en slegs een behoorlike restaurant (Pili Pili). Die kos was darem baie lekker."
"Dis onsettend warm in die somer. Jy sal meestal net wynplase besoek as jy nie baie avontuurlistig is nie."