Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Rustige dorpie sonder winkels en 'n gedruis. Jy kan lekker ontspan en die see geniet."
"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
"I love Worcester, the old historic buildings is amazing and the distance to the mall worked for us."
"Regtig nie iets besonders nie, behalwe die na uur straatmarkte wat in elk geval almal dieselfde items bied."
"Baie mooi dorpie met karakter. Net jammer daar is nie 'n Spar of ander winkel naby is nie. Nogal 'n entjie om te ry na naaste inkopiesentrum. Ek sien hulle is darem besig met 'n sentrum in Simonstad. Dalk bietjie ver van Kaapstad en wynroete af, maar n baie lekker bestemming met lekker dorpies rondom met die lekkerste restaurante."
"Strand beach is a lovely long, spacious beach with safe swimming and the waters are warm and divine! Sometimes it can get a bit windy/sandy, but usually it's just nice and sunny in summer. The beach is very big so it can handle huge crowds. A lot of eateries, ice-cream shops and take-away places to keep the tummy full. We enjoyed our few days there. "
"Nie wel bekende area nie, nie iets gewees wat ons aandag getrek het om te gaan besoek in die area nie."
"Dorp is netjies en skoon. Niks fout met Sedgefield die dorp en strand nie."
"I suppose the period of my stay played a role but most of the restaurants were closed. Well, if all else fails, braai! Very enjoyable destination."
"Heerlik rustig, met nodige geriefswinkels, wassery beskikbaar en natuurlik die lieflike see-uitsig!"
"'n Pragtige plek om net weg te breek met al die besienswaardighede. Robertson is ook goed geleë t.o.v die afstand na ander naburige dorpies soos bv Montagu. Die wêreld is verskriklik mooi en al die wynplase en mooi toegeruste eetplekke en padstalle is n bonus. "
"Ons hoop van harte dat die water krisis binnekort verlig sal word, want dit sal jammer wees dat die Paternoster nie langer akkommodasie aan toeriste kan bied weens die waterkrisis in die hele Wes-Kaap omgewing."
"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"
"Fantasties! Skoon strande, lekker eetplekke en lieflike strandfront vir stap, draf en see geniet."
"Beste plek om weg te kom van die gejaag en stad met pragtige natuurskoon en rustigheid."