Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Klein Karoo se uniekheid maak dit lekker en mooi. Die plantegroei en klipkoppe en berge is alles deel van die andersheid van Klein Karoo. "
"Kleurvolle geboue, lekkerste kos en besonderse mooi omgewing. Ry al die passe!"
"Dit was vir ons 'n baie interessante area om te ondersoek. Ons het Tollies se River Cruise baie interessant gevind asook al die klein kusdorpies in die omgewing."
"Die grondpad is nie lekker om te ry nie, veral as jy nie 'n bakkie of SUV het nie. Daar is ook nie 'n swemstrand naby nie. Andersins mooi en nog nie oor-ontwikkel nie. "
"Karoo Nasional Park is reg buite die dorp, is 'n baie mooi park definitief 'n plek om te besoek!"
"Franskraal is 'n pragtige dorp met baie skoon strande. Ongelukkig word Seaview Drive ontsier deur menige raserige duinebesies en bakkies wat doelloos op en af jaag. Oorweging sal definitief gegee moet word aan spoedhobbels in Seaview Drive."
"Dit is die mooiste dorp tussen die wynlande. Baie lekker om net te ontspan of 'n dag of twee te oornag wanneer jy die lang pad Kaap toe aandurf."
"Wat regtig pla, veral oor naweke, is kinders wat bedel in besigheids-hub en gedrinkte volwassenes in besigheids-hub. Groot probleem in die algemeen en wat ontstellend is, is die groot getal verwaarloosde honde in die area."
"Net 'n voorstel oor die eenheid, miskien 'n goeie idee om "window filming" aan die onderste gedeelte van die venters te sit vir meer privaatheid en dit sal die eenheid heelwat koeler maak."
"Baie lekker veilige vakansieplek vir gesinne en families en mooi skoon met moderne geriewe."