Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Met die Karoo Nasionale Park naby is dit 'n toeristebestemmimg. Ons het by die slaghuis uitstekende diens ontvang."
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"Beaufort-Wes is nie net 'n goedgeplaasde oorslaapplek vir toeriste nie; dit bied ook interessante besienswaardighede in die dorp en omgewing wat maak dat mens eintlik meer as een nag daar moet oorbly."
"Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie."
"Met die nuwe ontwikkeling, wil dit voorkom of daar nie werklik 'n einde in sig is nie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en wat 'n jammerte dat daar reeds onderhoud gedoen word aan struktuur wat nie eers 'n jaar oud is nie."
"'n Pragtige dorp en die onverwagte sneeu was vir ons 'n eerste sedert ons al die afgelope 20 jaar jaarliks kom kuier."
"Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!"
"Goeie ontvangs en diens by twee restaurant waar ons geëet het. Mense is vriendelik en behulpsaam oor die algemeen."
"Moet nooit op 'n Vrydagagtermiddag of Saterdagoggend probeer om in Citrusdal te gaan inkopies doen nie. Daar is geen plek om te stap nie en in 'n winkel kan jy niks koop nie, want die rye by die kasregisters staan tot agter in die winkels. Dit is 'n nagmerrie."
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Very central area. Close to Constantia winelands, highwayand beaches... They are all just a few minutes away. "
"Uiteraard hang dit af van jou behoeftes. Weg van die gewoel is 'n groot voordeel. Indien jy naby groot winkelsentrums en flieks wil wees, moet jy maar deurry Mosselbaai toe."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring."