Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Hermanus glo ek spreek vir homself, dis ooglopend aan die voorkoms van die area. "
"Ons het Paternoster besoek in hulle af seisoen so daar was 'n hele paar plekkies wat toe was, maar dit was nie 'n probleem nie. Die see is ongelooflik mooi en dit is dalk een van die redes dat ons bietjie teleurgesteld was, want die see word nou so toegebou deur dubbelverdiepings. Die dorpie se plaaslike mense intimideer 'n mens bietjie, want maak nie saak waar jy uitklim nie die mense storm op jou af om goed te verkoop en is dan regtig snaaks as jy nie iets vat nie. Ons was 'n paar keer benoud in daardie opsig. Daar is ook by ons vakansiehuis ingebreek en behoorlik buit gemaak op ons goedjies. Ek dink daar moet bestee word aan 'n tipe van 'n reaksie mag wat in Paternoster gestasioneer is en wat onmiddellik kan optree as iets gebeur of dalk sal selfs net die teenwoordigheid van so iets in die dorp die diefstal bietjie kniehalter. Verder was die plekkies wat ons besoek het baie oulik, maar het ons gevind dat baie van die plekkies se eienaar baie kortaf was. Baie mooi plekkie, was net nie so idillies soos van ouds nie, "
"Die dorpie kan nog en het baie potensiaal om uit te brei en meer te bied. Meer aktiwiteite soos watersporte of 'n gholfbaan of ander unieke aktiwiteite moet gebied word wat meer mense na die dorp sal lok."
"Rawsonville is goed geleë om omliggende wynplase te besoek. Die dorp self het nie regtig veel om te sien nie."
"Dit is 'n mooi en stil area met pragtige uitsigte oor die strandmeer en die koppe. Beslis die moeite werd."
"Die Ghost walk was fantasties. Net jammer besienswaardighede maak al 13:00 toe of is soms glad nie oop nie."
"Bontebok National Park is 'n moet besoek vir die wat die natuur geniet en waardeer."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
"Lekker rustig en almal daar is baie vriendelik. Sal enige tyd weer daar gaan vir verlof. "
"Behalwe dat mens al jou varkies bymekaar moet hou met die verskillende afritte, is dit 'n veilige voorstedelike woongebied met verskeie roetes wat jou vinnig terug op die snelweg lei."
"Pragtig. Omdat Lutzville op ons reisplan was vir 'n spesifieke rede, het ons die pragtige dele wat ons wou besoek het, gaan opsoek en die eindresultaat was fantasties."
"Pragtige dorpie! Moenie die plaaslike "craft" bier en die wandelroetes mis nie, hulle is beslis die moeite werd!"