Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"Santosbaai is mooi, maar dit is niks buiten die gewone in vergelyking met ander strandareas wat ek aan gewoond is nie. Die Santos Express was fenominaal. "
"Dis 'n mooi klein dorpie. Rustig en stil. As mens wil rus en wegkom van die stad se gewoel is dit perfek. Die natuurskoon van die strand en omliggende area is asemrowend. Mens kan nie anders as om ten volle herlaai en verfris uit Doringbaai te ry nie."
"Oulike klein gemeenskappie. As dit nie sover van Pretoria af was nie sou ek graag vir n lang naweek soontoe wou wegbreek, weg van stadsgewoel."
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."
"Daar is so baie om te sien en doen. Ons het die Karoo Wildreservaat besoek, Chris Barnard se huis en sy pa se kerk, die township se kerkies, die Arts en Science sentrum en die sentrum vir gestremdes. Die weer was aangenaam. Mens kan ook met 'n donkie kar op toer gaan. Ons het nou nie daarby uitgekom nie."
"Robertson is 'n baie oulike dorpie met lekker goedjies om te doen. Gaan besoek dit gerus saam jou gesin of familie."
"Dit was die eerste keer wat ons in die Kommetjie-area met vakansie was. Dit is 'n baie stil en rustige plekkie. Ons sal weer daar inloer."
"My familie bly daar, maar het geen begeerte om daar te bly nie. Baie lekker in die suidpunt van Afrika."
"Ceres is a friendly town. My kids loved the snow experience and it was a first time for my wife too. I would love to visit Ceres in the summer as well."
"Prins Albert is a pragtige, skoon, veilige dorp met 'n gesellige atmosfeer wat ons graag weer sal wil besoek. "
"Ons het die Griekse aand by Bosouki's Restaurant verskriklik geniet. Die plek ontleen hom aan baie pret en plesier. Sal weer soontoe gaan."
"Love Montagu - the mountains people - just everything. The road works are a bit of a pain but once completed will be great."