Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Verken die (klein mooi dorpie) te voet, eet lekker uit, besoek beslis Genadendal se museum, en gaan stap in die natuurreservaat. Vir wynliefhebbers: julle moet wynproe by Andy Mitchell wines reël! Gluten-vrye opsies kon ons in die dorpie opspoor."
"Tuine is baie sentraal in Kaapstad geleë en ons kon lekker rondstap na restaurante en winkels. Die area is veilig en netjies."
"Enig in sy soort: studentedorp, toeristebestemming, natuurskoon, sentraal geleë - dit is Stellenboch. En sy mense maak seker dat enige besoeker al hierdie kwaliteite in 'n kort tyd raaksien, geniet en die beste herinneringe saamneem (tot volgende keer)."
"Citrusdal het bo verwagting voldoen aan al ons benodighede. Verskeidenheid aktiwiteite in Citrusdal omgewing is 'n definitiewe pluspunt."
"Ideaal met George Lughawe wat naby is en Wildernis is op die N2-roete. In die middel van Kaapstad en Port Elizabeth."
"Dit is 'n baie mooi en rustige landelike bestemming. Wittedrif, die dorpie self, is 'n rustige plekkie met mooi huise. Dit moet lekker rustig wees om daar te bly en steeds te weet jy is nie te ver van sekere noodsaaklike dinge soos dokters, goeie winkels, ens. nie."
"Tulbagh het pragtige weggesteekte plekkies. Ons het veral ons middagete by Paddagang Restaurant baie geniet! "
"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "
"Ek sal West Beach aanbeveel as 'n toeristebestemming. Jy het die pragtige uitsig van Tafelberg - met of sonder sy kombers, die omgewing is skoon en netjies, die eet- en kuierplekke, asook winkelsentrums is naby genoeg sonder dat jy ure in die verkeer vasgevang hoef te sit. Vir die fikse (en minder fikse) mense is daar 'n pragtige roete langs die strand af waar jy lekker kan stap/draf of jy kan net by 'n restuarant sit en "chill" en kyk hoe dit gedoen word."
"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "