Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Yzerfontein is 'n pragtige bestemming en ek sal enigiemand aanraai om wel die moeite te doen om in te draai om te gaan verken as jy hou van rustigheid sonder hope vermaak. Ons hou baie van rustige mooi en stil vakansieplekke, dus was Yzerfontein so reg in ons kraal. Alhoewel rustig, is daar wel genoeg om te doen vir wanneer jy die dag wel iets wil gaan doen - dis nie morsdood nie! Veilig, en vriendelike mense. Sal verseker teruggaan."
"Glencairn is fabulous. Ons het bietjie gaan stap, heerlike restaurant en winkeltjies. Baie veilig."
"Parow is lekker sentraal in Kaapstad met maklike roetes na enige plek in die Kaap."
"'n Heerlike vakansiedorp met al die geriewe wat nodig is om die vakansie ten volle te geniet. Eetplekke is fantasties."
"Ek het in Parow grootgeword en het 'n plek naby die snelweg gesoek wat meer sentraal is, maklik bereikbaar vanaf die snelweg. Hierdie plek het vir my aan al die eienskappe voldoen. Die omgewing is stil en netjies."
"Ek is self 'n Kapenaar en ken die area goed. Sal more teruggaan Kaap toe as dit vir my bestem is. Daar is soveel te doen in 'n radius van 50 km dat 'n mens nie als in 'n naweek kan doen nie."
"Unfortunately Port Owen offers no activity other than a river cruise, but it's a good "base" for visiting the West Coast."
"Greyton is stil en baie plattelands. Die perde in die strate, markte op Woensdae en Saterdae en lieflike klein winkeltjies maak dit 'n great bestemming. Die restaurante is baie goed, veral Abbey Rose en 1854, maar hulle kan so bietjie duur wees. Die hele besoek was absoluut elke sent werd!"
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
"Well managed with good shopping facilities. Appreciated the litter free environment and beaches very much."
"Baie mal oor Santosstrand en om seekos te eet by die punt met die heerlike seereuk in jou neus."
"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."