Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Lovely hiking trails, beaches, forest, estuary for swimming and paddling, roads and trails for cycling. Good place for people wanting to spend time outdoors."
"Die eerste eetplek waar ons parkering kon kry het ongelukkig nie kaartgeriewe gehad nie. Reg gekom by Lulas waar die kos baie lekker was."
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."
"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"
"Dwarskersbos het die lekkerste en veiligste see in die Weskus. Eg Weskus soos ek daarvan hou. Hoop nie dit raak ooit besiger nie."
"Pragtige kusdorpie met vele aktiwiteite vir die hele familie."
"Perfekte plek vir enige vakansieganger. Mooi, skone, rustige plek met sy vriendelike mense."
"Dit is my nuwe vakansiebestemming. Dis ongelooflike mooi en skoon, en ideaal vir 'n gesinsvakansie."
"Dit was so lekker, rustig, almal is vriendelik en hul OK was goedkoper as wat ek in die Kaap sou betaal!"
"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"
"Oudtshoorn is verbasend baie goed ingerig as toerismebestemming. Was baie jare gelede daar; met ons onlangse besoek was ek baie in my noppies met Oudtshoorn. Sal ons beslis weer sien, nie net vir die KKNK nie maar sommer vir 'n oorbly of selfs langer vakansie."
"Pragtige kusdorp weggesteek duskant die N2 met n asemrowende strand, hawe en natuurreservaat. Rustige klein plekkie uitgeknip vir vakansies met familie en vriende; winter of somer."
"Die beste toeristebestemming ooit, omdat jy berg en see het, winkels naby .Dis net 'n absolute fantastiese plek. "I will overdo it and do it over"."
"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."
"Milnerton is baie stiller as Kaapstad en 'n rustige plek om in vakansie te hou. Tog is dit naby aan Kaapstad en groot inkopiesentrums."
"Die oudhede- en kar-museum, asook die ou geboue, meubels en maklike toegang vanaf die hoofroete maak hierdie 'n plek wat nie gemis moet word nie.. Laat ten minste 'n dag toe om te verken."