Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
De Hoop Nature Reserve, Wes-Kaap
Potteberg Guest Farm"Gravel roads in poor shape. Limited area to travel around. The Potberg end is better."
"Lambertsbaai 'n geskiedkundige juweel. Met behulp van die pamflette wat Theunette gereed het vir gaste kan jy waarlik teruggevoer word na die makliker tye. Daar is 'n museum met artikels van donkiejare terug en die mense in die gemeenskap is so vriendelik. Ons het oral gestap waar ons wil wees. En met al die lekker eetplekke het jy waarlik die loop nodig. As jy meer in natuur wil wees kan jy 'n rustige stappie op die hawe neem na Bird Island en voor die son sak kan jy uitkyk op duisende voëls wat oor die see sweef. Die kuier werd."
"Besoek gerus die Somerset Mall. Die diens is vriendelik die mall netjies, skoon en veilig met a gholfkarretjie vir vervoer indien nodig en baie lekker eetplekke."
"Wildernis is 'n lieflike, rustige omgewing met pragtige loop- en swemstrande. Die eetplekke in die dorp is van hoogstaande gehalte en waarde vir geld."
"Die nabyheid van die Weskuspark addisionele ingang was die een rede hoekom ek Langebaan gekies het, maar tydens ons kort verblyf was die restaurante ook voortreflik."
"Daar is baie te doen rondom Ashton, want Robertson en Montague is ook sommer naby. Selfs Swellendam is net om die draai."
"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."
"Baie lekker dorp, behalwe dat ons by Black Swan restaurant wou eet en die dame wat na ons toe gekom het was vreeslik onbeskof en het vir ons gesê hul is vol binne, maar ons kan buite sit. Toe ek vir haar sê die wind waai en dis koud, sê sy vir ons om in die rokerskroeg te sit en draai om en loop weg. Ek is deel van die Auto Mobile Association en besit 'n werkswinkel van hul en gaan dit met hul opneem, asook 'n brief in Oudtshoorn se koerant skryf om toeriste te waarsku om weg te bly van die Black Swan. Maar ons het nog steeds 'n wonderlike naweek gehad. "
"Ons het op 'n Sondagmiddag ingeklok en die Vloedmuseum en ander plekke was gesluit."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Rivierbos Guest House"Nee, wens net Johannesburg kan bietjie raad kry by Stellenbosch. Ek was stom geslaan oor dat die verkeer stop vir voetgangers - so lekker en ook baie mooi skoon!"
"Die pas en die omgewing is asemrowend, sou baie graag wil terugkom om dit te verken. Sal net meer navorsing doen oor verblyf. Daar is geen restaurante oop op Clanwilliam op 'n Sondagmiddag nie. As ons voor die tyd geweet het, kon ons voorsiening gemaak het."
"There's not much to do there, but if you want some peace and quiet to relax in, well worth a visit."
"Dit is die perfekte plek om jou foon af te skakel en die natuurskoon te geniet. Van wandelroetes, vis vang en skulpies optel. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam."