Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Bettiesbaai is pragtig. Die natuurskoon met interessante besienswaardighede."
"Blouberstand, wat kan ek sê! So 'n mooi plek! Skoon en veilig. Sal nie omgee om eendag daar af te tree nie."
"Ek is besonder beïndruk met Hermanus, dit is netjies en skoon met vriendelike mense. Die wonderlikste is dat die see toegangklik is vir die gewone toeris om dit ook te kan geniet en nie soos ander stede waar die strande toegebou is en net beskikbaar is vir die enkele bevoorregte mense wat huise daar kan bekostig nie. "
"Vredenburg is baie sentraal vir Paternoster en ander omliggende dorpe en is nie so duur nie."
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."
"Heerlike bestemming met pragtige natuurskoon en lekker naby aan ander plekke soos Langebaan."
"Baie oulike dorpie. Skoon met alles wat mens basies nodig het en baie vriendelike mense. Ons het by Muis Huis ontbyt gehad wat uit die boeke was."
"Mooi vakansie-strandoord. Bietjie ver vanaf naaste dorp met nodige voorraad. "
"Pragtige plek, en op die drumpel van Mosselbaai. Vir die wat wil "shop" is daar lekker inkopiesentrums, oorgenoeg eetplekke om van te kies en te keur, en dan is daar die pragtige stil strande ... hemels!"
"Area around Caledon very attractive at this time of the year. Tesselaarsdal has a uniqueness of its own - with friendly folk and open space."
"Menige uitstappies om te doen. Nauurlik is die hele tuinroete altyd netjies en skoon. Sal defnitief weer daarheen gaan."
"Pragtige dorp met mooi strande en baie te doen in en om Plettenbergbaai. "
"Prins Albert word uitstekend bestuur, baie skoon, heerlike restaurante en baie vriendelike mense. "