Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Pragtige toeriste bestemming. Veilig en rustig. Naby genoeg om Hermanus en omgewing te verken. "
"Agulhas is die suidpunt van Afrika en 'n pragtige dorpie. Ek voel dit is belangrik vir enige toeris om daar 'n draai te maak."
"Mooi dorpie met net 'n paar huise. Hier kan mens nog stilte en rustigheid beleef."
"Great destination! Easy access to all major activities, but still quiet and relaxing. "
"Mal oor Prins Albert se bekoring. Net groot genoeg, net klein genoeg. Heerlike verskeidenheid restaurante. Vriendelike, gasvrye mense. Dit sou lekker wees as daar nog so een of twee winkels met unieke produkte kon wees. "
"Pragtige plek, oulike restaurante, veral The Dunes en Mariners Warf - heerlike kos!"
"Ligging is baie sentraal. Van Wilderniss af kan jy of oos of wes langs die kus af plekke besoek en nog steeds betyds terug wees vir 'high tea'. Fantastiese restaurante. En ek het veral gehou van die feit dat die bestemming 20 minute se ry van George Lughawe af is."
"Kleinmond is n lekker rustige dorpie en dis ideaal as jy wil wegbreek van die besige lewe en net ontspan."
"Die voëls en die sonsondergange is puik. Lekker naby aan plekke soos Clanwilliam en Wuppertal. Ek vermoed dat dit 'n puik verblyf sal verskaf tydens blommetyd."
"Ons het die park besoek en ek was aangenaam verras. Ek sal beslis wil terugkeer vir 'n piekniek en sodat my kleinkinders dit kan geniet."
"Lekker besige kus dorpie. Ons het net ons kar parkeer en heerlik rongestap tussen die verskeidenheid winkeltjies met interessante aankope. "
"Nice quiet place, all shops are close by. Great place to take your family or even just friends looking to get away and not having to worry about a thing."
"Paternoster is a beautiful little fishing village sitting in a coastline that just doesn't quit in either direction. The selection of restaurants, although small, give great variation and all do their own thing incredibly well. The people are amazingly friendly, and asking anyone about what to do usually reveals that, like in most small towns around SA, everyone there knows everyone else very well. For a time away in winter, when the number of visitors is right down and the town is super quiet, I would recommend Paternoster as an ideal place to escape the bustle of a city for a bit as one tries to recoup one's thoughts."