Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Tipiese toeriste-oord met talle restaurante, en dan die wonderlike aangrensende natuurreservaat van Tietiesbaai."
"'n Versteekte diamant vir almal wat lief is vir 'n goeie wegbreek uit die stad se gedruis."
"Calitzdorp is my hartsplek aangesien my wortels daar lê - dit is 'n rustige, beeldskone dorp waar mens die vrede van die Klein Karoo ten volle kan ervaar. Daar is restaurante en wynkelders vir die fynproewer en wynkenner, asook talle besienswaardighede. Net die dorp om jou batterye te herlaai voor jy terugkeer na die stadsgewoel."
"Uniondale het ons verras met sy pragtige natuurskoon, ons sal vir seker in die toekoms nie net verbyry nie."
"Baie veilige en kindervriendelike strandoord. My tienerdogters kon alleen stap strand en winkel toe."
"Verskeie besighede ongelukkig vroeg toe op 'n Saterdag. Pragtige, rustige kusdorp. Ongewenste rondlopers kan problematies raak. Dit moet fyn dopgehou en goed bestuur word."
"Die hartjiedorp. Oral hang hartjies gemaak van optelskulpies wat die plaaslike gemeenskap maak vir 'n inkomste. Daar bly vriendelike hartsmense, wat 'n pragtige, skoon en netjiese dorpie."
"Die rustigheid van Dwarskersbors is fantasties, verkeer is min en die see - wie kan ooit genoeg daarvan kry?"
"Hermanus itself is an absolutely beautiful destination filled with many things to do."
"Beautiful clean town with a warm and friendly vibe. We would like to return soon to explore it further."