Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Is baie goed geleë veral as jy rustigheid soek en 'n kranige visserman is. Niks vir kinders om te doen behalwe see en sandboarding op sonnige dae nie."
"Dit is waarskynlik 'n aftreedorpie. Netjiese huise, rustig met grondstrate. Maar daar is geen diensstasie, kafee of winkel nie. Wel 'n drankwinkel wat toe is, so nie seker of dit bedryf word nie."
"Oudtshoorn en omgewing is ryk aan toeriste-aantreklikhede, bv. die Kangogrotte, Buffelsdrift Game Lodge, Cango Wild Life Ranch."
"Meiringspoort is 'n belewenis, mooiste bergreeks in die wereld met 'n lieflike waterval. Die toiletgeriewe op hierdie roete is uitstekend, skoon en daar is ook braaigeriewe. Hierdie berge is so mooi."
"Ons het die Rooi Bus ("Hop on -Hop off") roetes baie geniet. Stad is baie netjies en skoon. Die sigbare polisiëring was baie gerusstellend."
"Dis 'n uitstekende plek vir toeriste en kuier al ry mens net deur die plek. Die uitsig is pragtig, baie droog, maar die natuur is 'n verwelkoming as jy lief is daarvoor."
"Dit is nog lekker ongerep. Die mense is vriendelik en dis naby 'n paar gewilde dorpies en plekkies om te ontdek. Gebruik dit as jou basis en verken die hele area. Lekker lang, skoon strande vir 'n heerlike stap wat oud en jonk sal pas."
"We visited the surrounding little businesses within the area and it's well located where you have the tranquillity of nature but can also take a 20 min drive to Saldanha where it's more city-like."