Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Eenvoudig, stil, en hengel as ’n voorkeur om ontspanning te geniet. Die staproete is heel interessant."
"Fantastiese skoon, netjies en vriendelike dorp. Ek het my hart verloor in Yzerfontein!"
"Prefek geleë en baie veilig. Ver genoeg vir rustigheid, maar naby genoeg aan al die klein besondere plekkies van die Weskus."
"Klein vissersdorpie met k;omp aktiwiteite soos visvang vanaf die kus, diepsee visvang, lekker eetplekke op die strand (Sea Shack), swem in die see en veel meer."
"Kom al vir die laaste 17 jaar na Buffelsbaai en elke keer 'n goeie experience,10/10!"
"Ek het baie familie en goeie herinneringe in Struisbaai en daarom sal dit altyd 'n plekkie wees wat my na aan die hart lê."
"Beslis 'n roete wat mens baie meer moet ry. Die pad is stiller as ander hoofroetes en die omgewing op die roete is kos vir die siel!"
"Parys? Nee. Italië? Nee. Venesië? Nee. Eilande? Nee. Vir wat so vêr gaan soek as Vleesbaai op jou drumpel is! Sandstrande, gematigde klimaat, lekker swemareas, stap waar jy wil, selfs rotslangs, poele en poeletjies, kinders se droom - mens wil amper sê dis naby aan hemels!"
"Behalwe vir die casino en spa, nie veel om my besig te hou nie. Gholfbaan in nie 'n goeie toestand nie."
"Met die interessante inligtingsbrosjure kan mens werklik baie plekke besoek. Selfs ook omliggende dorpe wat Paarl 'n ideale verblyf maak."
"Dis ’n lieflike area, strande is skoon, vakansi gangers vriendelik, die restaurante se kos is fantasties en daar is baie om te doen. Nie een oomblik was daar ’n kind verveeld nie en dan Pirate Cocktail Bar het heerlike skemerkelkies."