Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Die dorp is bietjie vervalle met slegte teerpad vol gate en vullis wat oral rondlê. Maar seker die tekens van die tye met baie plattelandse dorpe wat so agteruitgaan. Baie van die besienswaardighede vir toeriste was toe soos die Sandveldhuisie en die warmwaterbron het nie dagbesoekers toegelaat nie. Weet nie of dit was omdat ons buite seisoen aan die einde van Februarie daar was nie, en of dit as gevolg van Covid was nie."
"Pragtig geleë tussen berg en see. Een van Kleinmond se voordele is dat dit boonop maklike daguitstappies na 'n verskeidenheid kusdorpe en besienswaardige plekke moontlik maak."
"Lekker dorp om te gaan kuier. Die mense is vriendelikeheid van self in alle winkels op die dorp."
"Ons het 'n lekker koffiewinkel gemis. Die parke afdeling kan gerus aandag gee aan die vuurtoring en aangrensende geboue en omgewing."
"Greyton is enig in sy soort. Die mooiste dorpie ooit met die lekkerste restaurante. Gaan maak 'n draai by Ruperts Bistro!"
"Franschhoek is 'n stukkie goud in Suid-Afrika. Beslis my gunsteling bestemming om weg te breek. Die dorpie is pragtig en die mense is baie vriendelik en gesellig."
"Nie veel te doen of sien in Malgas nie, veral as die pond nie werk nie. Mense met bote sal seker die rivier goed kan benut. Dis maar droog en vaal in die omgewing in Februarie. Die rivieroewer is wel groen met mooi voëllewe."
"There are not many vegan/vegetarian friendly restaurants nearby. It can be a struggle to find meals."
"Lots of beautiful mountains and a huge coast that could be explored. Friendly people!"
"Ja, baie om te doen. Bly volgende keer vir 'n week of 2."
"Vriendelike dorp en mense. Heerlik in die strate geloop en kuier. Pragtige berge."