Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"As jy rus vir die siel wil he dan is Jacobsbaai die regte bestemming. Jacobsbaai is n pragtige klein dorpie met grondpaaie. Dit is goed geleë, naby aan Paternoster en Langebaan."
"Amazing vakansie bestemming, so naby aan die stad, maar tog ver genoeg om die gevoel van ontspanning te ervaar en die strand is so mooi skoon."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
"Dit is 'n jammerte dat die onwettige kreefhandel nie hokgeslaan kan word nie en ek stel voor dat meer gedoen moet word om die publiek bewus te maak van die probleem."
"We have been to the town before so knew what to expect. It is a pity Fryer's Cove closes at 17:00. A perfect spot to enjoy a sun downer."
"Ongelooflike plek, maar baie bekommerd oor die "petty crime" wat tans oor die dorp heers."
"Dit is pragtig. Baie voëls en die pragtige waterweë. Beslis die moeite werd."
"Dorp is mooi, veral die see. Lekker eetplekkies en akkommodasie, vriendelike mense."
"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
"Baie lekker Weskusatmosfeer met vriendelike mense. Lekker eetplekke en als wat jy nodig het naby aan mekaar."
"Kokomo Beach Bar & Restaurant - beautiful location right at the beach and really very good food, fish and meat dishes!"
"Geen klagtes nie. Ongelukkig was die meeste restaurante toe op Maandae, en was die bootrit nie beskikbaar nie maar met die hulp van die gasheer het ons reggekom en 'n fantastiese tyd gehad."