Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Parenoster is asemrowend mooi. So jammer dat foutiewe uitverhuring van huise en petty crime sal veroorsaak dat mens nooit weer daar sal oornag nie!"
"Ons hoop van harte dat die water krisis binnekort verlig sal word, want dit sal jammer wees dat die Paternoster nie langer akkommodasie aan toeriste kan bied weens die waterkrisis in die hele Wes-Kaap omgewing."
"Yzerfontein is vir ons gerieflik naby vir wegbreek (woon in Bellville), beskik oor 'n Spar wat aan al die koopbehoeftes voldoen en het vriendelike personeel. Die apteek is 'n noodsaaklikheid en lewer goeie diens. Die roete langs die eerste see, hawe en tweede strand bied 'n maklike staproete. Ons is verlief op Yzerfontein."
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie, perfek vir as jy 'n stil wegbreek soek. Almal is baie vriendelik en daars groter dorpe naby genoeg as jy iets wil koop."
"Nie baie om te doen nie, maar somtyds is niksdoen ook 'n bonus. Lekker gerus."
"Rustig en kalm atmosfeer. Bring daardie rustigheid en kalmte in jou gemoed. Net wat jy nodig het na 'n besige jaar."
"Redelinghuys is good as a stop over town. Cemetery and church is worth a visit but really not much to do there."
"Dit was vir ons 'n baie interessante area om te ondersoek. Ons het Tollies se River Cruise baie interessant gevind asook al die klein kusdorpies in die omgewing."
"Wat regtig pla, veral oor naweke, is kinders wat bedel in besigheids-hub en gedrinkte volwassenes in besigheids-hub. Groot probleem in die algemeen en wat ontstellend is, is die groot getal verwaarloosde honde in die area."
Longacres Country Landgoed, Weskus
Kleine Aussicht"Baie rustig en stil. Nog in ontwikkeling maar het baie potensiaal. "
"Elandsbaai kry 3-sterre. Die res van die Weskus is ongelukkig droog en nie so interessant nie. "
"Dit is 'n pragtige omgewing met 'n unieke karakter. Sou nogal die besit van eiendom daar oorweeg."
"Ons het baie lekker gekuier en die restaurante het heerlike kos. Die wind waai ongelukkig baie in Desember en ons kon nie elke dag op die strand uitspan soos beplan nie. "
"Snuistery winkeltjies en ander kan gerus deure geopen hou gedurende spits seisoene oor etenstye."