Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Die voordeel van Port Owen is dit bied 'n volledige pakket, is naby klomp dorpe, Langebaan 40 km ver, St Helena 20 km, Vredenburg 20 km, Paternoster 35 km, Dwarskersbos 15 km, Jacobsbaai 28 km, Saldanha 30 km, so jy kan elke dag na 'n ander kusdorp ry en alles besigtig en al die eetplekke toets."
"Die Weskus sal altyd vir my ‘n unieke ervaring gee wat ek nie op enige ander plek in Suid-Afrika sal kry nie. Oor daardie rede sal ek weer terugkom, oor en oor. "
"Langebaan is always a very relaxing area and very safe. You don't need to worry about your kids or your belongings. People in the area are always very welcoming to visitors and there's enough activities around for all ages. "
"What a diamond! Yzerfontein crept into my heart, is gorgeous and will see me again soon!"
"Oulike dorp met lekker restaurante soos High Tide, Muisbosskerm en Funky Tastebuds."
"Baie sentraal om na verskillende besienswaardighede in die omliggende gebiede rond te rits!"
"Pragtige strand met goeie restaurant opsies wat stapafstand is. Nie so besig nie, en gevoel van veiligheid beslis daar."
"Beeldskoon. Net jammer van die droogte, maar dis te verstane met die watertekort in die Kaap."
"It was my first visit to Lamberts Bay. I didn't know so many people go there for holiday. I've always thought it was a small, unknown little town but was surprised to see all the holiday goers and the many houses and the camping sites. I was impressed!"
"Jacobsbaai is baie lekker en rustig. 'n Wassery sal dalk 'n goeie idee in die area wees."
"Paternoster is 'n baie mooi klein dorpie, maar nie veel om te sien en te doen nie. As jy nie lief is vir hengel nie, sal jy 'n boek en die stilte waardeer."
"Lambertsbaai is voorwaar 'n unieke plekkie. Ons het ook heerlik geëet by Isabella's. Wonderlike ervaring."