Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1176 reviews.
"Was so tien jaar gelede daar toe was dit rustig en baie aangenaam. Nou het dit uit die nate gebars en is 'n babelse verwarring, veral in die besigheidsarea. Sal maar liewer nie weer daar besoek nie."
"Seafield is 'n fantatiese bestemming. Groot, oop strande, skoon en nie baie ander mense nie. Strande lyk dierevriendelik. Almal bring hulle honde daarheen. Was 'n plesier om te sien hoe almal dit geniet. "
"Soveel om te sien, te besoek en te doen in omgewing. 'n Naweek is te kort om alle natuur, uitstappe en sportgeleenthede te beleef. Lokale mense deel graag inligting oor wat en waar."
"Gonubie is 'n baie lekker rustige bestemming vir 'n kort vakansie by die see. Enigste probleempie, as jy die dag nie kan see toe gaan nie, is daar nie veel ander aktiwiteite vir kinders nie."
"Lekker bootrit op Kowierivier. Lekker viseetplek naby Pick 'n Pay. Naby pynappels en Pick n Whistle. Ons het vir 'n dag Addo-olifantpark toe gery en dit was perfek."
"So 'n mooi dorpie. Sal elke jaar daar vakansie wil hou. "
"Behalwe al die padwerke en verbeteringe in en om die dorp, glad nie sleg nie."
"Die 78 km wat jy moet ry Koffiebaai toe is nie van die beste nie jy moet tussen 60 en 40 km 'n uur ry, maar dit is verstane, want daar is kinders en rondloper diere. Dit het my nie gepla nie, want ek is met vakansie. Ek het gery na Koffiebaai en toe oor die koppe gery na Hole in the Wall Hotel. Die pad was grondpad, wat nie baie waffers is nie, maar het dit gedoen met 'n voorwielaangedrewe SUV. Beslis was alles die moeite werd. "
Bushman's River Mouth, Wild Coast
River Cottage"Nearby Kenton on Sea and Port Alfred. Were also very interesting to explore. "
"Great community close to awesome beach and great places to go have fun. Pancake house is a definite."
"Rustige plekkie. As jy ontspanning nodig het, is dit die plek om na toe te gaan."
"Nooit onveilig gevoel by verblyf. By die strandgebied was daar wel mense wat gedrink het en harde musiek gespeel het, alhoewel daar borde is wat sê dat geen alkohol en harde musiek toelaatbaar is nie. Dit was nie baie lekker om daar rond te beweeg nie."
"Quigney Beach het ongelooflike potensiaal, maar herstelwerk aan die strandfront moet afgehandel word en veiligheid van toeriste moet verseker word."
"Jammer oor al die padwerke in en om die dorp tans, maar dis nodig en net tydelik. Pragtige area."
"The River Spa is the place not to be missed and as well a midnight cruise at Haylards."