Geverifieerde Resensie
Wilderness
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wilderness bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 774 resensies.
"Ek is gaande oor Wildernis, hetsy dit vakansie-seisoen of buite-seisoen. Dit bly 'n ongelooflike, heerlike vakansie-bestemming."
"Dit is 'n baie rustige dorp, mense ook baie vriendelik. Dit is 'n goeie plek om jou moeë liggaam te rus. Ons sal terugkom."
"So baie verborge paadjies wat wag om verken te word. Wildernis doen sy naam gestand."
"Wilderness het 'n pragtige skoon strand en baie lekker restaurante. Dis 'n gem op die Garden Route."
"Oulikste dorpie denkbaar en naby genoeg aan die groot sentrums as jy dit verkies."
"Wilderness is een van my gunsteling-bestemmings op die Tuinroete - die natuurskoon is pragtig en daar is baie om te doen in en om die dorpie! 'n Moet-sien vir enige toeris!"
"Maak baie min voorsiening om klein kindertjies te vermaak wanneer die weer sleg is!"
"Pragtige omgewing en baie gesellige restourante en naby al om gewilde Sedgefield Saterdag mark."