Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

House Kelné Pringle Bay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

House Kelné Pringle Bay is 'n splinternuwe huis en bied gerieflike en moderne verblyf. Pringlebaai is tussen Rooi Els en Kleinmond en is 52 km vanaf Hermanus en 29 km vanaf Gordonsbaai in die Overstrand aan die Walviskus in die Wes-Kaap. Die pragtige dorpie is bekend vir landelike vriendelikheid, natuurskoon en rustigheid by die see. Pringlebaai is kos vir die siel en in die somer is die strande selde oorvol.

Elke kamer het 'n koninggrootte-bed met wit linne. Die koninggrootte-bed kan maklik in 2 enkelbeddens omskep word op versoek. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers spog ook met 'n pragtige uitsig oor die berge.

Huis Kelné het 'n elektriese heining wat 24 uur per dag aan is en dit hou die bobbejane uit. Die bobbejane sal gaste nie pla nie, maar al hoe meer huise word met heinings en bobbejaandiefwering beveilig om hulle uit te hou. Bobbejane mag nie gevoer word nie.

Daar is genoeg parkeerplek voor die huis.

Die kamers is toegerus vir selfsorg, maar daar is baie restaurante in die dorpie, asook 2 klein supermarkte en wegneemetes. Somerset-Wes is 40 kilometer vanaf Pringlebaai en daar is groot winkelkomplekse, talle kettingwinkels, teaters en restaurante.

Hierdie verblyf is 1 km vanaf die naaste strand. Daar is ook baie verskillende stap- en fietsryroetes om van te kies.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir House Kelné Pringle Bay
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Corné Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 maande

Ligging

  • Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink House Kelné Pringle Bay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA553e4d4985f7b3e2a51a0339b85bf85d4eeeedc947df7c641c9af02b2d5f4a0194aea076acc75b4a82b66d0edc8abf6414ab?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 1254 Gerald Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.343762 18.842546

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang