House Kelné Pringle Bay
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
House Kelné Pringle Bay beskik oor 3 privaat eenhede (op grondvloer) en is ideal vir besigheidsmense en paartjies. Die eienaars woon op die boonste vloer. Die eienaars het 2 vriendelike huiskatte wat op die hele erf rondbeweeg. Hulle pla nie gaste nie, maar neem kennis as gaste dalk allergies is. Die eenhede is ongelukkig nie toegerus vir babas en kinders onder 12 jaar nie. Dis 'n splinternuwe huis en bied gerieflike en moderne korttermyn verblyf.
Elke kamer het 'n koninggrootte bed met wit beddegoed. Die koninggrootte-bed kan maklik in 2 enkelbeddens omskep word op versoek. Elke kamer het 'n en-suite badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers spog ook met 'n pragtige uitsig op die berge.
House Kelné het 'n elektriese heining wat 24 uur per dag aan is en dit hou die bobbejane uit. Die bobbejane sal nie gaste pla nie, maar al hoe meer huise word met heinings en bobbejaan-diefwering beveilig om hulle uit te hou. Bobbejane mag nie gevoer word nie.
Daar is genoeg parkeerplek voor die huis.
Let wel dat daar ongelukkig nie braaigeriewe is nie as gevolg van die hoë brandgevaar risiko in die area. Vele brande het al in die verlede ontstaan as gevolg van 'n braaivleisvuur. Vir dieselfde rede word vuurwerke en klappers nie toegelaat nie.
Die kamers is toegerus vir selfsorg, maar daar is baie restaurante in die dorpie, asook 2 klein supermarkte en wegneem-eetplekke. Somerset-Wes is 40 kilometer vanaf Pringlebaai en daar is groot winkelkomplekse, talle kettingwinkels, teaters en restaurante.
Die tafel en 2 stoele in die eenheid kan gerus uitgedra word na die stoep indien gaste buite wil sit. Die wind kan nogal met tye sterk waai, en gaste word versoek om dan net die tafeltjie en stoele in te dra.
Hierdie verblyf het ongelukkig nie see uitsig nie, maar is 1 km vanaf die naaste strand en die CBD en bied uitsig oor die berge. Daar is ook baie verskillende stap- en fietsryroetes om van te kies.
Pringle Baai is geleë tussen Rooi Els en Kleinmond en is 52 km vanaf Hermanus en 29 km vanaf Gordonsbaai in die Overstrand aan die Walviskus in die Wes-Kaap. Die pragtige dorpie is bekend vir plattelandse vriendelikheid, natuurskoon en rustigheid by die see. Pringlebaai is kos vir die siel en in die somer is die strande selde oorvol.
House Kelné se eenhede is ongelukkig nie 'n oornag braai- en-partytjie-fasiliteit nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Corné Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink House Kelné Pringle Bay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang