House Kelné Pringle Bay
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
House Kelné Pringle Bay is 'n splinternuwe huis en bied gerieflike en moderne verblyf. Pringlebaai is tussen Rooi Els en Kleinmond en is 52 km vanaf Hermanus en 29 km vanaf Gordonsbaai in die Overstrand aan die Walviskus in die Wes-Kaap. Die pragtige dorpie is bekend vir plattelandse vriendelikheid, natuurskoon en rustigheid by die see. Pringlebaai is kos vir die siel en in die somer is die strande selde oorvol.
Elke kamer het 'n koninggrootte bed met wit beddegoed. Die koninggrootte-bed kan maklik in 2 enkelbeddens omskep word op versoek. Elke kamer het 'n en-suite badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers spog ook met 'n pragtige uitsig op die berge.
House Kelné het 'n elektriese heining wat 24 uur per dag aan is en dit hou die bobbejane uit. Die bobbejane sal nie gaste pla nie, maar al hoe meer huise word met heinings en bobbejaan-diefwering beveilig om hulle uit te hou. Bobbejane mag nie gevoer word nie.
Daar is genoeg parkeerplek voor die huis.
Die kamers is toegerus vir selfsorg, maar daar is baie restaurante in die dorpie, asook 2 klein supermarkte en wegneem-eetplekke. Somerset-Wes is 40 kilometer vanaf Pringlebaai en daar is groot winkelkomplekse, talle kettingwinkels, teaters en restaurante.
Hierdie verblyf is 1 km vanaf die naaste strand. Daar is ook baie verskillende stap- en fietsryroetes om van te kies.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Corné Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink House Kelné Pringle Bay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gerald-weg 1254, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang