Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Olyf Takkie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weidemanstraat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Olyf Takkie is 'n smaakvolle eenheid in Beaufort-Wes wat gerieflike verblyf aan 'n gesin of sakereisigers bied.

Die eenheid het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in elk. Daar is ook 'n dubbelslaapbank wat addisionele slaapplek bied aan groter gesinne.

Daar is 'n gerieflike badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke word voorsien.

Die eenheid bied ook 'n privaat braai-area met 'n tafel en stoele, braaigeriewe met 'n rooster en die nodige braaitoerusting.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, tweeplaatstoof, ketel, broodrooster en alle eetgerei toegerus. Daar is ook 'n tafel en stoele.

Verder het die eenheid lugversorging, 'n TV met 'n groot verskeidenheid sport-, fliek- en ander kanale (Netflix, YouTube en sekere DStv-kanale) en gratis vesel-internet. Die internet sal steeds beskikbaar wees gedurende beurtkrag.

Veilige parkeerplek is agter 'n geslote hek met 'n alarmstelsel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

1 x Dubbelbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 134 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Wilna V
Gesin met tieners
5.0
Asemwegslaan mooi, gerieflik, keurig, gasvry, vriendelik, lekker gekuier. N pragtige oase in die Karoo. Julle plekkie het alles en meer as wat mens na...
Sien meer
Des 2024
Theo J
Saam met vriende
5.0
Super. 5-ster. Dankie vir jou moeite en aandag, asook die ekstra bederf en verwysing na 'n oulike eetplekkie vir ons dogters wat daardeur op reis was.
Des 2024
Chane J
Saam met lewensmaat
5.0
Everything was perfect. Wow, what an incredible stay at Olyf Takkie! The accommodation was absolute perfection - immaculately clean, st...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Talita J
Gesin met tieners
5.0
Baie vriendelik en gasvry. Baie gesellig en alles en nog meer wat nodig is vir 'n oornag slapie. Kombuis baie goed toegerus. Netjies en skoon.
Nov 2024
Johann M
5.0
Rustige en gerieflike plek. Perfek. Heerlike, netjiese plekkie vir oornag.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 134

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Weidemanstraat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olyf Takkie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weidemanstraat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd71c3f071dfdeb625714d1030f16c2dfb390553d22eb84bbaa60012ee003139fa41741e9927065cf4ac7e2917a0afce93734?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 4 mense 134 5 1 5 17 Weideman Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.355051393958 22.60141029954

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang