Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Olyf Takkie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weidemanstraat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Olyf Takkie is 'n smaakvolle eenheid in Beaufort-Wes wat gerieflike verblyf aan 'n gesin of sakereisigers bied.

Die eenheid het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in elk. Daar is ook 'n dubbelslaapbank wat addisionele slaapplek bied aan groter gesinne.

Daar is 'n gerieflike badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke word voorsien.

Die eenheid bied ook 'n privaat braai-area met 'n tafel en stoele, braaigeriewe met 'n rooster en die nodige braaitoerusting.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, tweeplaatstoof, ketel, broodrooster en alle eetgerei toegerus. Daar is ook 'n tafel en stoele.

Verder het die eenheid lugversorging, 'n TV met 'n groot verskeidenheid sport-, fliek- en ander kanale (Netflix, YouTube en sekere DStv-kanale) en gratis vesel-internet. Die internet sal steeds beskikbaar wees gedurende beurtkrag.

Veilige parkeerplek is agter 'n geslote hek met 'n alarmstelsel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

1 x Dubbelbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 144 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Trienie B
Saam met lewensmaat
5.0
Oase in woestyn. Na 'n lang dag, was dit soos 'n oase in die woestyn. Deon se gasvryheid en vriendelikheid was soos suurstof tydens asemnood. Sal vir ...
Sien meer
Jan 2025
Henk V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n wonderlike oornag oase in die Karoo. Perfekte plek om te oornag oppad Kaap toe. Olyf Takkie is stylvol ingerig, netjies en skoon. Ontvangs ...
Sien meer
Jan 2025
Mahomed K
Gesin met tieners
5.0
Clean, quiet & comfortable. Perfect for an overnight stay, away from the main road. Excellent communication from the morning of checkin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Eldorette D
5.0
Sommer net 'n goeie oornagstop. Sal vir seker weer daar oornag. Ons het baie lekker gebly. Uiters skoon en netjies. Rustige, stil omgewing. Gerieflik ...
Sien meer
Jan 2025
Liezel K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en skoon, dekor is mooi, veilige parkering met alarm. As ons meer sterretjies kon gee, dan sou ons.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 144

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Weidemanstraat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olyf Takkie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weidemanstraat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd71c3f071dfdeb625714d1030f16c2dfb390553d22eb84bbaa60012ee003139fa41741e9927065cf4ac7e2917a0afce93734?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 144 5 1 5 17 Weideman Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.355051393958 22.60141029954

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang