Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Saxon River Camp

Kampeer/karavaan

Resensies

3.5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Goed

Netheid
3.3
Ligging
3.3
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.7
Veiligheid
3.7
Lizel S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Ek hou van geen opvangs daar nie. Die mense is so vriendelik. Dit was amazing - Ons het so lekker gerus onder die sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marzanne S
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2024

Windstil en pragtig. Ons het bitter lekker gebly op die bitter mooi plek. Dis só groen en dit was windstil. N fees. Die eienaars is baie behulpsaam en vriendelik, en 'n mens voel heeltemal veilig. Daar is 'n bult af na die kampterrein, en dis lekker oefening as jy hom 'n paar keer uitstap/draf. Ons gaan vir seker weer.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liza K
Kort verblyf
1.0
Des 2024

Onaangenaam. Ons het vir 3 nagte bespreek, maar net 1 gebly. Dit was 'n baie slegte ervaring. 1. Ek het vooraf duidelik navraag gedoen oor die pad en is vir seker dis geskik vir 'n sedan-motor. Dit is nie. (Beslis ook nie vir karavane nie). Die toegangspad na die kampplek is verskriklik steil en klipperig met draaie. My motor het baie hard moes werk om daar uit te kom - sonder die sleepwa. Die ander kampeerder in die park het die sleepwa met sy Landrover vir ons uitgesleep. 2. Die badkamer was nie skoon nie, daar was geen toiletpapier nie en die asblikke is nie leeggemaak nie. Dit terwyl daar slegs een ander kampeerder voor ons was en een saam met ons. Dus was dit nie vol en/of besig nie. 3. Die elektrisiteitspunt by ons staanplek het nie gewerk nie en hulle het 'n verlengkoord oor die grasperk aangelê. Daar was oral elektriese kabels wat op die grond gelê het. 4. Die badkamerlig het nie gewerk nie en hulle het haastig 'n sonkragliggie aangelê. 5. Die rivierwater vir die badkamer en opwas het baie sleg geruik. Ek twyfel of dit geskik is vir gebruik. 6. Die stort- en opwaswater loop buite op die gras uit. 7. Daar was 'n erge rioolreuk vanaf die septiese tenk. 8. Swem in die rivier mag 'n risiko wees. 9. Algemene instandhouding skiet tekort. 10. Die grasperke was netjies.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Mias Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 17

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 42 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13,6 km vanaf die N2, Middel Drift-plaas 331, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbda796faf6b97d63a0ca30b7159d5b9a8a53e9eba32da43ab34d45e9cf49fb1ee79242da2e1e1f95a8de64ba807ac4e36fcd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 3 5 1 4 13.6 km from the N2 Middel Drift Farm 331 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 11:00-17:00 10:00 -34.135944444444 21.684777777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang