Vandag vier ons Wêreldkosdag op ʼn gepaste wyse – 10 liplekker resepte uit die LekkeSlaap-span se eie kombuise en familieresepteboeke. Ons het iets vir elke geleentheid, van melkkos tot spaghetti bolognaise, en van gemmerpoeding tot viskoekies. Só vier ons ons land se eie diverse koserfenis en voeg ʼn paar internasionale disse ook by die potjie!
Probeer gerus ons resepte en laat weet ons hoe dit uitdraai. Het jy ʼn gunstelingresep wat jy oor die jare by jou familie geërf het of wat jy graag by die huis maak? Deel dit met ons!
Hooffoto: v.l.n.r Alexandra E Rust: Milktart (Flickr), Stijn Nieuwendijk: Tiramisu (Flickr) en Thorsten Kraska: Shepherd Stew (Flickr).