Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Oos-Kaap

Die sneeu val: Waar jy hierdie winter kan sneeukyk

Het jy al ooit in die sneeu baljaar of ’n sneeuman met ’n wortelneus gebou? As Suid-Afrikaners is ons met hanteerbare en matige weersomstandighede geseënd wat beteken dat sneeu nie vir ons ’n alledaagse verskynsel is nie. Maar dit sneeu tóg gedurende die winter in sekere dele van ons wonderskone land en LekkeSlaap wys vir […]

Groepsverblyf met Jacuzzi’s

Groot gesinne en groepe is teen hierdie tyd al gewoond aan die unieke uitdagings wat hulle byna daagliks in die gesig staar, maar ten minste hoef verblyf g’n klip in hul pad te wees nie. Maak al die kinders, die hele familie en sommer die harige vierbeenvriende bymekaar vir ’n ontspannende wegbreek met oorgenoeg slaapplek […]

Slaap net ’n hanetreetjie vanaf dié stadions

Is jy van plan om deel van Suid-Afrika se lewendige sport- en musiektoneel te wees? Wel, dan is hierdie nét die blog vir jou! Of jy nou jou gunstelingspan langs die sportveld wil ondersteun of die aand by ’n konsert wil wegdans, LekkeSlaap het die perfekte verblyf naby stadions vir jou gevind wat jou ervaring […]

Naweekwegbreke buite Gqeberha

Ontsnap uit die stadsgedruis en kies koers na ’n onvergeetlike avontuur in die skilderagtige Oos-Kaap. Minder as drie uur se ry vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) sal jy ’n skatkis vol naweekwegbreke vind wat voorsiening maak vir paartjies wat ’n romantiese bederfblyplek soek en vriende of familie wat ’n prettige groepswegbreek beplan. Of jy nou smag […]

Verken die Oos-Kaapse kusroete

Die Oos-Kaap het ’n merkwaardige roete wat langs die pragtige Indiese Oseaan se kuslyn kronkel. Hierdie skilderagtige kusroete bied aan reisigers ’n verskeidenheid natuurwonders, kulturele erfenis en onvergeetlike ervarings. Van besige stede tot rustige kusdorpies, die Oos-Kaapse kusroete is ’n versteekte juweel wat wag om ontdek te word. In hierdie blog gee LekkeSlaap vir jou […]

Maak ’n draai in Morganbaai

Suid-Afrika se Wildekus is een van die mees ongerepte dele van die land en sy pragtige natuurskoon lok reisigers van heinde en verre. Gxarha, voorheen bekend as Morganbaai, staan as die Wildekus-paradys bekend en dit neem net sowat ’n uur op die goue wig tussen die see en die strandmeer om te besef hoekom so […]

Op reis deur die Oos-Kaap

Die Oos-Kaap is ’n provinsie van uiterstes: van droë, warm somers in die Karoo tot sneeubedekte winters in die Hooglande, en van digte inheemse woude in die Tsitsikamma tot die groot, oop vlaktes van Camdeboo Nasionale Park. Somersdae langs die Sonskynkus word met ’n nagwildrit in die Kariega Wildreservaat afgesluit, terwyl die Wildekus se dramatiese […]

6 skouspelagtige staproetes vir jou emmerskoplysie

Is jy ’n kranige stapper en ’n regte avontuurdier? Hou jy van swoeg en sweet met ’n swaar sak op jou rug terwyl jy jou verkyk aan die mooi natuur? Dan is dié blog nét vir jou! LekkeSlaap het ’n lys  van ses skouspelagtige staproetes wat op jou emmerskoplysie hoort gemaak, so lees ’n bietjie, […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang