Successfully reported
Waarheen is jy op pad?

LekkeSlaap blog

Kategorie: Herfs

Herfs in SA: Die beste plekke om die herfskleure te sien

Soos die somer stilletjies insluimer en die luggie buite ’n bietjie begin byt, verander Suid-Afrika se landskappe in ’n asemrowende rooi, oranje en geel lappieskombers. Alhoewel ons land nie vir dramatiese seisoenale veranderinge soos Europa of Noord-Amerika bekend is nie, is die herfskleure in ’n paar spesiale streke ekstra mooi. Van boomryke bergpasse tot goue […]

Lekke plekke vir elke seisoen

Soos die kalenderjaar ’n nuwe blaadjie omslaan, is dit tyd om jou vakansieplanne vir 2023 vas te maak. Óf jy jouself as ’n kind van die wind beskou, die gousblomme agter jou oor steek, die blare vir kompos benut óf die branders op ’n sonskyndag najaag, is LekkeSlaap hier om die hele jaar tot die […]

Knus in die Karoo: Ses Plaashuise vir ’n Naweekwegbreek

Soos gesien op Maroela Media. Die meeste van ons trek die oomblik wanneer iemand iets van ’n plaasnaweek noem dadelik ’n kruisie op ons kalenders. Hetsy dit die nostalgie van eenvoud, die reuk van ’n Dover-stoof in die winter of die stil, oop vlaktes is, daar is iets omtrent die plaaslewe waarna almal smag. So, […]

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

My voete loop na Wellington …

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die […]

Sit jou verlof in: Langnaweke en skoolvakansies in 2019

Is jy nog besig om te herstel na die dol feesseisoen? Het jy al vergeet dat jy ooit met vakansie was? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor. Hoe dit ook al sy, 2019 is propvol langnaweke vir wegbreke en jy kan vroegtydig daarvoor beplan met hierdie nuttige gids. Helder Herfs Die eerste vakansiedag […]

Vier Elke Seisoen in Hogsback

Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of […]

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011